Altus & Therina Van Buuren

STORIE:


Ons liefdes verhaal het 28 jaar terug begin toe hy en my broer langs mekaar gesit het in graad 1 en beste maats geword het. Maar ons paadjies het net nooit in romanse uitgedraai nie. Tot eendag 2 jaar gelede het Altus ‘n metgesel gekort na ‘n funksie, en wie vra hy (met hulp van my broer)? En soos hulle sê, die res is geskiedenis en is ons nou gelukkig getroud. Ons troue was presies soos ek dit in my kop van klein dogtertjie tyd af wou gehad het. Die onthaal was prentjie mooi en net perfek. Met ons eerste dans het dit gevoel asof ek op wolke dans met die beste man in die wêreld. Ek was nie vir een sekonde bekommerd nie want hoekom moet mens bekommer as jy weet jy trou met die man vir wie jy lief is en vir altyd saam wil wees.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2021 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2020 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Sanja Holtzhausen
  • Bruidegom-pak: Gerald
  • Dekor: Sanja Holtzhausen
  • Fotograaf: Charles Uys
  • Gaste Geskenke: Rescue Owl Centre
  • Grimering: Maryke Verster
  • Hare: Follicle on the move
  • Huweliksbevestiger: Hardus van Niekerk
  • Juweliersware: Geskenke van pa en skoonma
  • Trouring: Palazzo
  • Koördineerder: Marletta van Lavandou
  • Musiek: Marcelle
  • Platejoggie: Marcelle
  • Strooimeisie-rokke: Infinity dress South Africa
  • Trourok: Bridal Silhouette Wedding Dresses
  • Venue: Lavandou wedding venue
  • Paartjie se verblyf: My French House
  • Videograaf: Infinity times Infinity Productions
  • Huwelik kontrak: Weyers & Lombard Inc
  • Wittebrood plek: Paternoster