André & Caretha Coetzee

STORIE:


In ons jonger dae het ons mekaar altyd opgesoek en het goeie tye saam gehad. Saam gedans, kreef geduik en musiek gemaak.
Omstandighede het ons verhoed om mekaar daarna weer te sien.
Briewe was geskryf vanuit die weermag, maar was onderskep en het my nooit bereik.
André het navraag oor my gedoen, maar het nooit inligting gekry wat van my geword het nie.
Ons paaie het weer gekruis na 26 jaar!
‘n Leeftyd!
Ons uiterlike het definitief verander, ons is mos nie meer 18 jariges nie, toe ek sy stem hoor WAS DIT WAT EK UIT MY VERLEDE ONTHOU HET…..Dis asof ons nooit vervreem was van mekaar nie.
Ware liefde, deernis, respek en omgee vir mekaar het ons harte verenig.
Butterflies binne my het vir die eerste maal gelewe! Ek het nie geweet bottervliegies bestaan nie.
André het ons droom laat waarword en alles het gebeur in ‘n lugballon, ek, hy, ons kinders, die fotograaf en die pastoor. Natuurlik ook die bestuurder van die lugballon, Conrad.
Skat, net jy het en sal ooit my hart verower en behou tot in ewigheid.
Na ons landing met die lugballon was die mooiste memories vasgevang op kamera op Eenzaamheid – ‘n Vooraanstaande wingerdplaas van Christo Briers Louw, ‘n plaas met baie geskiedenis, ‘n plaas waar Adam Tas se vrou in “eenzaamheid” moes gebly het.
My en André se ‘eenzaamheid” is verby, ons sweef op en deur die wolke. Lockdown of nie.
Ons groot dag is afgesluit met ons beste vriende, hartsmense wat daar wou wees – mense wat verlof moes insit, weens ons aan mekaar gebind is op ‘n Woensdag.
Drome word waar en kan jy weer jou eerste ware liefde vind sonder dat jy die persoon gaan opsoek…….Ons is ‘n bewyse daarvan: Ou Liefde Roes Nie en Ware Liefde Bly Staan.
Ware GELUK is vir ALMAL beskore……

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ20021


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes
R 2 000 = 2 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na kontak@trouevandiejaar.co.za
For assistance, please send an e-mail to kontak@trouevandiejaar.co.za
Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply


created by dji camera

Diensverskaffers:

  • Blomme: A&a Flora Joostenbergvlakte
  • Bruidegom-pak: Mr Suite Hire Bellville
  • Dekor: Varkore vanaf die plaas Eenzaamheid
  • Fotograaf: Jenni Elizabeth Herselman
  • Gaste Geskenke: Geskenk deur Janno Briers Louw
  • Grimering: Lee-Ann Heinz Make up Artist
  • Hare: Riaan Heinz van Heinz Beauty Salon Brackenfell
  • Huweliksbevestiger: Pastoor Ettiene Marais
  • Trouring: Vera Basson van Breërivier
  • Koördineerder: André Coetzee
  • Skoene: Angels Shop Bellville
  • Strooimeisie-rokke: Cotton on Tygervallei
  • Trourok: Hip-hop Willowbridge
  • Venue: Eenzaamheid Agter Paarl
  • Vervoer: Peet
  • Videograaf: Phillip Swanepoel – Meyerton
  • Huwelik kontrak: Sadler Paralegal Paarl
  • Wittebrood plek: Under Oakes Windmeul, Sandbaai Country House, Point Hotel Mosselbaai, The Sky Villa Boutique Hotel Plettenbergbaai