André & Jeandri Eksteen

STORIE:


Ja, julle mag my glo as ek sê op 34 jaar het ek vele potensiële “MR Rights” ontmoet! My ma sou wel sê na die soveelste blinde afspraak-dis tyd om ‘n gidshond aan te skaf. Ek het ongelukkig baie stelle op die liefdesfront afgetrap. Daar was die kêrel in Afghanistan; een in Alaska; een met ‘n swak heup; een wat te veel parfuum gebruik het; een wat te diep in die bottel gekyk het en een wat nie die bottel kon bekostig nie.
Toe vind ek jou!!
Geen pretensie
Geen beheerNa twee jaar se pleit het ek eindelik ingestem om die dogtertjie in my klas se Oom te ontmoet. Ek het aanvanklik gevoel die ou oujongkêrel is te oud vir my, maar op 14 Februarie 2020, Valentynsdag, het ek Binnelanders verruil vir ‘n aand uit by Meat on Milner , wat my lewe sou verander. My André, met sy helderblou oë, mooi hart, baie lewenswysheid, kalm en rustige geaardheid, belese en berese geselskap, met ‘n massiewe bos bloedrooi langsteelrose as bonus het my voete onder my uitgeslaan. My krygsman met sy kunstige streep en groot bosbaard laat my veilig voel.
Hey my sweet…Hey my baby
Jys my toevlug
Ek het jou lief ek sweer

15 Desember 2020 stap ek my beter helfte, André, tegemoet met Brendon Ross, die saksofoonspeler aan my sy, terwyl hy met oorgawe die klanke van “At last my love has come along My lonely days are over and life is like a song” in die lig laat hang…onvergeetlik.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2021 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2020 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Santjie Geary
  • Bruidegom-pak: Dormeuil, London
  • Dekor: Santjie Geary
  • Fotograaf: Nicolaas van Der Walt
  • Gaste Geskenke: Mampoer-Lourens Roux
  • Grimering: Carmen Crous
  • Hare: Carmen Crous
  • Huurdienste: De La Madre Events Planning, A2Z Home Decor
  • Huweliksbevestiger: Gerrie Jordaan
  • Trouring: Thérèse de Villiers
  • Troukoek: Elmarie Botha
  • Koördineerder: Juliana Bleeker
  • Musiek: Brendon Ross (saksofoonspeler)
  • Platejoggie: Wicus Botma
  • Skoene: Bruidegom: Church, London Bruid: Steve Madden
  • Trourok: Santjie Geary
  • Venue: Wolwespruit/PLTFRM
  • Paartjie se verblyf: Menlyn Boutique Hotel
  • Vervoer: Troukar: Daan Zaaiman
  • Videograaf: Son of wolf films-Ludick Nel
  • Huwelik kontrak: Hannalie Basson
  • Wittebrood plek: Babylonstoren Hotel, Boschendal, Jongmanshof