André & Nadine Steenkamp

STORIE:


Ek en André het mekaar op ‘n blinde afspraak, gereël deur familielede ontmoet. Dit is soos ‘n geskenk, jy weet dadelik of jy van die geskenk hou of nie. Ek het baie van my geskenk gehou. Ons het hoeveel jaar lank vir mekaar gewag en vir die regte persoon gebid.
Op 5 Oktober 2018 het André die groot vraag gevra by Paternoster. Ek het natuurlik JA gese! Dit was vir my ‘n groot verrassing, ek het niks vermoed nie, presies soos ek dit wou hê. Ons het gaan stap langs die strand en tussen 2 rotse het hy op sy knieë gesak en my gevra. Ek was so geskok dat die water al begin opstoot het en sy arme knieë nat geraak het. Na die tyd het albei families skelm in een huis vir ons ingewag.22 Februarie 2020 (22.02.2020) was ons 20 maande saam en het ons groot dag aangebreek. Die dag wat ons beide al vir solank oor droom. Alles was perfek. Die dag het gevoel soos ‘n sprokies verhaal. Woorde kan nie beskryf hoe gelukkig ons gevoel het en hoe ongelooflik mooi alles was nie. Beslis die beste dag van ons lewens!My beste vriend kan nou vir altyd aan my sy bly en saam simpel wees en lag. Saam kan ons die lewe geniet en die wêreld verken.

#viraltydsteenkamps

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2021 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2020 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Die Gieter
  • Bruidegom-pak: The Modernist Tailor Made
  • Dekor: Die Gieter
  • Fotograaf: Charlene Vernooy Photography
  • Gaste Geskenke: Bruid en Bruidegom se moeders
  • Grimering: Madeleine Hair and Make-up
  • Hare: Madeleine Hair and Make-up
  • Huurdienste: #withlove; Eurosuit; Westcoast Music Academy
  • Huweliksbevestiger: Ds Richard Holloway, NG Kerk St Helenabaai
  • Juweliersware: Lovisa
  • Trouring: van Zyl Jewellery (Bruid); Obsidian Jewellery Studio (Bruidegom)
  • Troukoek: Susan Verwey Wedding Cakes
  • Koördineerder: Sea Trader
  • Musiek: DJ Wico
  • Platejoggie: DJ Wico
  • Skoene: YDE (Bruid); Tread + Miller (Bruidegom)
  • Skryfbehoeftes: Salt Designs
  • Strooimeisie-rokke: Hoiden Bridesmaids
  • Trourok: Elizabeth Stockenstrom Wedding Gowns
  • Venue: Sea Trader
  • Paartjie se verblyf: Shelley Point Hotel & Spa
  • Vermaak: The Party Technician
  • Vervoer: Pierre en Elizabeth Karstens
  • Videograaf: Moments on Film
  • Huwelik kontrak: Bill Tolken; Elistea Vrey
  • Wittebrood plek: Long Beach Mauritius