Caru & Boudewijn Smuts

STORIE:


Ons storie is verseker die teenoorgestelde van ‘n warrelwind. Ons het ontmoet in 2003 op vakansie in Uilenkraalsmond. Vir jare was ons vakansie vriende wat saam gesurf het. Na skool op ‘n dag, vra gemeenskaplike vriend vir my hoe gaan dit met Boudewijn? Ek antwoord toe dat ek self lanklaas iets van hom gehoor het, kom ons stuur vir hom ‘n Facebook boodskap. Boudewijn het so ‘n maand daar na geantwoord. Ons het gaan koffie drink op ‘n aand in Oktober van 2009. Dit was asof ons mekaar vir die eerste keer werklik gesien het. Ons het nog nie ‘n dag terug gekyk nie.
Vriendskap is verseker die beste fondasie vir ‘n goeie verhouding en sekerlik ook ‘n huwelik. In die 10 jaar voor ons verlowing het ons saam uitdagings oorkom, gegroei en vele avonture saam geniet. Met elke uitdaging het ons liefde gegroei.
In 2019 het ons besluit om Mosambiek te gaan toer. Op 30 Desember 2020 het hy die groot vraag gevra. Onder die water terwyl ons snorkel oor ‘n koraalrif. Dit was ‘n ondervinding wat jy slegs in ‘n Disney fliek sal sien.
Ons het dadelik besluit op ‘n datum. Ons het geweet dit moet in Desember wees aangesien die Bruidegom slegs oor Desember by die huis is. Met die datum vasgemaak, 12-12-2020, het die soektog na die perfekte lokaal gevolg. Die vereistes was ‘n moderne, plattelandse gevoel, met verblyf vir al die gaste. Ons wou ‘n naweek troue hê met verkieslik kampplek, aangesien die meeste van ons vriende kampers is. Die perfekte lokaal is aanbeveel deur ons fotograaf, Kaleo gaste plaas. Met die eerste afspraak het ons geweet dit die lokaal vir ons. Fantastiese mense, en beeldskone saal, met ;n groot verskeindenheid opsies vir foto’s. Ek wou natuurlik alles self doen, so ek het weggespring met poskaart “save the dates” en begin om ‘n webtuiste te bou vir die uitnodiging.
Na maande se beplanning in die chaos van die covid-19 pandemie, het Desember al hoe nader gekom. Daar was ‘n oomblik van paniek dat die bruidegom nie betyds gaan terug wees uit Amerika nie, maar nie te min soos die datum nader gekom het, het alles in plek geval.
Die Vrydag middag het ons arriveer by die lokaal en die laaste goedjies gefinaliseer. Teen laat middag was alles afgehandel wat ons oop gelaat het om al ons gaste te groet soos wat hulle op die plaas aangekom het. Die heerlike kuier atmosfeer van die Vrydagaand het die toon geset vir die res van die naweek.
Saterdag oggend, ‘n prag dag in die Kouebokkeveld, groen gras en pragtige berge en blou lug. In die “Manor house” was die atmosfeer rustig, die strooimeisies en haarkapster en die blommemeisies kon rustig verkeer. Die Ma’s se hare is reeds vroeg afgehandel, aangesien daar ‘n loadshedding dreigement was, wat toe nooit gebeur het nie. Die blomme meisies is bederf met stel oorbelle wat ek vir hulle gemaak het, en stylvolle vlegsel-haarstyle om by hulle kant en tule rokkies te pas.
In die bruidegom se huis is daar heerlik gesellig verkeer met ‘n vuurtjie wat brand en spesiale geleentheid whiskey wat op ys geniet word. Hulle uitrustings is voltooi met ‘n Smuts-dasspeld geontwerp deur die bruid en handgemaakte leer dasse. Die bruidegom en sy tweeling-broers het deftig gelyk in hulle klassieke navy en wit.
Die dames het hare en grimmering gedoen in hulle satyn pajamas. Die grimmering is deur my sister en hoof strooimeisie gedoen. So spesiaal dat die hele span opgemaak is uit vriende en familie. Laat, natuurlik het ons uiteindelik opgery, (ons self opgery) na die pragtige klipkerk en die groot oomblik het aangebreuk.
Dit was die mooiste sonskyn dag en die gaste het ‘n heerlike koue waterbottel ontvang, as lafenis vir die hitte. Die blommemeisies het met hulle boeties aan die hand eerste ingeloop en die strooimeisies het gevolg in hulle kant rokkies in ‘n warm pinkrooi coraal kleur, terwyl die bruid en bruidegom se gunsteling liedjie speel, ‘n weergawe van Jack Johnson se ‘Better together’ liedjie. Die groot deur maak vir die tweede keer oop vir my die bruid. Ek staan alleen, met my watervalruiker en sluier, toe ek opkyk sien almal wat vir my belangrik is voor my, en my amper man se trane lê vlak. Aan die einde het ek my ma ontmoet om my sluier oop te maak en my weg te gee aan die man van my drome.  Die diens was gevul met wysheid, humor en die hemelse vader. Ons het voor in die kerk gestaan met ‘n pragtige draadboog teen die agtermuur, gedrapeer met blomme. Die seremonie is behartig deur pastoor Christopher Horn, wat ‘n groot familie vriend is. Die trouregister is geteken waar die paartjie by die hout tafel voor in die kerk, met die Ma’s as getuies. So ‘n spesiale oomblik, en meer spesiaal aangesien beide van ons, ons pa’s op ‘n jong ouderdom verloor het. Na dit het ons uitgestap waar die gaste ons toegegooi het met veelkleurige roosblare. Die groepfoto is aan die voorkant van die lokaal op die trappe geneem. Die gaste kon daarna smul aan die feestafel van peuselhappies en ‘n drankie geniet op die stoep van die lokaal, terwyl die familie fotos geneem word op met die agtergrond van die pragtige hout deure. Die gevolg fotos en bruidspaar fotos het daarna gevolg.
Die lang houttafels is bedek met sagte grys tulle “runner” en helder seshoekige underplates, gemaak deur my, silwer tafelnommers en eenvoudige kerse. Die tafels wisselend , een met hoë staanders en een met lang bakke blomme en loof versier. Die krismisrose was die kern blom om die sagte gevoel mee te voer te same met die antieke kandelare vir die kerse. Te same met die “underplates” het elke gas ook ‘n pakkie moerkoffie ontvang vir die volgende oggend.
Die onthaalsaal was perfek, elke element presies soos my sketse. Soos jy die saal binnekom is die spyskaart en tafeluitleg in ‘n witraam. Teen die muur sien jy ‘n foto huldeblyk aan die twee pa’s omring met kerse. In die hoek oppad na die kroeg is ‘n houtposbus om die toupos te hou op die geskenke tafel. Kristal kandelare in die dak en veeliggies in die blom rangskikkings en agter die bruidstafel verskaf sagte lig wat die romantiese atmosfeer aanhelp. Die troukoek staan in die middel van die dansvloer op houtkratte, omring deur nog krismisrose. Die bruid en bruidegom se tafel aan die hoof van die dansvloer is pragtig versier met loof van krismisrose en kerse. Aan die oorkant van die dansvloer is die verhoog van waar die sanger sal sing en platejoggie sy plek sal inneem.
Ons het ingestap op Christina Perri en Ed Sheeren se, Be my forever en sommer die twee laag troukoek, ook deur my gemaak (bruid), met die inkom slag gesny. Die seremoniemeester het sy grappige toespraak gelewer waarna die verskeie heildronke ingestel was. Dit is gevolg deur die tafelgebed voordat die gaste ʼn koninklike buffet hoofgereg geniet het. Die ongelooflike feesmaal is voorsien deur Oppiberg spysseniers. Die gaste is tydens ete vermaak deur ‘n Amelia, ‘n sangeres met n fantastiese stem, terwyl ons ontsnap het vir ;n sonsak-fotosessie.
Die atmosfeer by onthaal was een van vreugde en samesyn. Die dansvloer is sommer vroeg geopen deur die bruid en bruidegom op Demi-lee Moore se A long and happy life. Die eerste dans gevolg deur ‘n ma en seun dans of Scott Keo se all to you.
Die nagereg was ‘n wafel buffet stasie, elke gas kon sy eie waffel bou met ‘n weie verskeidenheid keuses. Die partytjie was nou aan die gang. Die fotograwe het seker gemaak dat elke tafel afgeneem word en dat oomblikke van lag en vreudge vasgevang word. Die kousband en ruiker is sommer vroeg aand al gegooi. Met die formaliteite uit die pad was al wat oor was om te dans en die aand te geniet saam met ons geliefdes.
Die gaste en die dansbaan geniet tot die heel laaste liedjie. Ons moes ongelukkig middernag stop as gevolg van covid regulasies. Ons troue was alles en meer waarvan ons nog ooit bedroom het. ‘N Heerlike kampnaweek, ons gunsteling tydverdryf, te same met ‘n romantiese trou-seremonie en fees kuier onthaal. Ons het ‘n droomtroue gehad is een van die moeilikste jare wat niemand kon voorspel. Ons voel werklik soos die geseëndste paartjie.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ20114


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes
R 2 000 = 2 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na kontak@trouevandiejaar.co.za
For assistance, please send an e-mail to kontak@trouevandiejaar.co.za
Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply


Diensverskaffers:

  • Blomme: Kaleo Gasteplaas
  • Bruidegom-pak: Eurosuit
  • Dekor: Kaleo Gasteplaas
  • Fotograaf: Elri van der Merwe Photography
  • Grimering: Jana Breedt
  • Hare: Love you hair salon
  • Huweliksbevestiger: Ds. Christopher Horn
  • Juweliersware: Caru Greeff Jewellery design
  • Trouring: Caru Greeff Jewellery design
  • Troukoek: Bruid
  • Koördineerder: Alet- Kaleo Gasteplaas
  • Musiek: Amelia_sanger
  • Strooimeisie-rokke: Anje Bridal Couture
  • Trourok: Anje Bridal Couture
  • Venue: Kaleo Gaste Plaas
  • Paartjie se verblyf: Kaleo Gaste Plaas
  • Wittebrood plek: Gite, Mont d’Or , Kagga Kamma