Corlette & Theo Nel

STORIE:


Ons het mekaar ontmoet op Stellenbosch waar ons albei studeer het. Ons liefde vir dans het ons bymekaar gebring, want ons was albei in die Oxlos dans- en dramagroep.

Ons eerste “date”, in 2013, was ‘n agter-die-skerm toer van die Twee Oseane Akwarium, waar ons geëindig het voor die Kelp Forest en gesit en heen-en-weer gewieg het saam met die bamboes.

Sewe jaar later, op 7/11/2020 het Theo die vraag die aand gevra by die V&A Waterfront naby die Akwarium en ek het natuurlik JA gesê. Toe het die soektog begin vir ‘n venue en datum, ons het na baie plekke gaan kyk, maar nie een van hulle het uitgestaan nie. Ek het die kans gevat om die Akwarium te vra of ‘n mens daar kan trou en hulle het ja gesê. Ons was albei ekstaties toe ons dit hoor.

Die groot dag was op 11/7/2020 in die Twee Oseane Akwarium, ons kon nie vir ‘n mooier venue vra nie. Die seremonie is voor die Kelp Forest deur my pa in Afrikaans waargeneem en die bevestiging deur my pastoor in Engels. Die onthaal was voor die groot Haai Tenk, waar ons die trou-roomyskoek gesny het en ons het heerlik gesmul aan die smaaklike kos en lekker gedans, selfs “line dancing”. Dit was ook spesiaal dat my ma vir ons geseën het met lofdans, “The Blessing” met die hulp van my strooimeisies. My ruiker was ook baie uniek in die sin dat dit ‘n “artichoke” bevat het.

Dit was soos iets uit ‘n droom om tussen die visse te trou. Die hele troue is lewendig uitgesaai na al ons oorsese familielede en ander vriende wat nie die geleentheid kon bywoon nie as gevolg van Covid-19. Ons groep foto’s is in die Akwarium geneem, maar ons en die gevolg se foto’s is die volgende dag op Llandudno strand geneem. Dit was ‘n onvergeetlike en unieke naweek. ‘n Droom wat waar geword het.

Ons troue het selfs geskiedenis gemaak omdat dit die eerste huwelik was wat in die akwarium plaasgevind het. Daar was ‘n artikel en foto in die koerante, selfs ‘n spotprent deur Fred Mouton. Asook ‘n berig op TV – Kyknet en dit was op Bokradio en Smile FM. Dit was ‘n onverwagte verrassing, veral omdat ons huwelik sodoende die akwarium se fasiliteite kon bekendgestel het.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2021 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2020 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Husband Wife Team
  • Bruidegom-pak: Woolworths
  • Dekor: Husband Wife Team
  • Fotograaf: Ruberns Photography
  • Huweliksbevestiger: Pastoor Gerhard du Preez
  • Trouring: EmDee Manufacturing Jewelers
  • Troukoek: Gourmet Ice Cream Cakes
  • Koördineerder: Cheree Louw
  • Platejoggie: The Party Technician
  • Strooimeisie-rokke: Superbalist
  • Trourok: Elmarie Britz Couture, sluier – Elizabeth Stockenstrom
  • Venue: Two Oceans Aquarium
  • Paartjie se verblyf: Mount Sierra
  • Huwelik kontrak: AB Prokureurs
  • Wittebrood plek: Langebaan Mykonos