Dandré & Dioné Moolman

STORIE:


Die volgende kort video vang elke spesiale oomblik van ons troudag so mooi vas: https://www.facebook.com/annegracephotographycom/videos/733358457538316/

Ons liefdesverhaal het begin toe ons oorkant mekaar in dieselfde kompleks ingetrek het. Ons het tot oggendure in die oprit koffie gedrink en gesels asof ons mekaar al jare geken het. Daar was net dadelik ‘n gevoel van tuiste en rustigheid wanneer ons bymekaar was. Die gevoel van “Dis die een” bestaan regtig.

Ons het ‘n dag saam olifante “gewen” en selfs ‘n bewys van ons prys ontvang (of so het ek gedink, min wetend dat ons niks gewen het nie, maar dat alles haarfyn beplan was). Terwyl ons langs die rivier gestap het, het ‘n olifant ‘n mandjie vir ons gebring waarin my ring was. Ek het daardie dag vir die eerste keer in my lewe gevoel hoe dit voel om na my asem te snak!

Ons het ons sprokies-wintertroue beplan vir 23 Mei 2020, maar moes ons troudag en wittebrood uitstel na 3 Oktober 2020 a.g.v. Covid, steeds onseker of dit sou plaasvind. 12 Dae voor ons groot dag, het ons gehoor dat ons kon voortgaan. Ons was kinderlik opgewonde en só bly dat ons vasgebyt het, aanhou beplan het en hoopvol gebly het.

3 Oktober het aangebreek. Mistig, bewolk, koel, die mooiste dag. Toe het ons, ons stukkie “wintertroue” in die somer. Terwyl ons foto’s geneem het, het die son vir die paar minute wat hy gesak het, vir die eerste keer die dag uitgekom.

Dit was die emosioneelste, mooiste, lekkerste dag saam geliefdes en die teenwoordigheid van God kon elke oomblik gevoel word.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ20109


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes
R 2 000 = 2 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na kontak@trouevandiejaar.co.za
For assistance, please send an e-mail to kontak@trouevandiejaar.co.za
Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply


Diensverskaffers:

  • Blomme: Wild Leaves – Floral design
  • Bruidegom-pak: Woolworths
  • Dekor: Wild Leaves – Floral design & Bloom Collective decor
  • Fotograaf: Martinet Blomerus Photography
  • Gaste Geskenke: Knapsak
  • Grimering: Angelic Allure
  • Hare: Angelic Allure
  • Huweliksbevestiger: Dawie Spies
  • Juweliersware: Lovisa
  • Troukoek: La Moraine cakes
  • Platejoggie: Gauteng DJ
  • Skoene: Opari
  • Skryfbehoeftes: Bloom collective design
  • Strooimeisie-rokke: Forever New
  • Trourok: Whimsical Bridal
  • Venue: Harmonie Proteas
  • Videograaf: Anne Grace Photography (AGP)