Dane & Denereze Kruger

STORIE:


Op 26.09.2020 het ons ons beloftes afgele en ja gese om ons grootste avontuur saam te begin.
Soos vele ander 2020 bruidspare het ons al maande vooruit op ons datum besluit en het die beplanning al maande vooruit begin. Maar die mens beplan en God bepaal hoe hy loop. Ons het kort na die aankondiging van die grendeltyd die besluit geneem om ons gastelys te verkort. Ons het besluit om te trou met net ons ouers en ons broers en susters-baie intiem! Ons diensverskaffers was baie behulpsaam in hierdie verband en ons venue het hul troues ook in die tyd gelivestream. Ons beplanning is volstoom aan die gang en niks kon ons sprokiesmooi dag bederf nie.Die oggend van 26.09.2020 het daar nog kort-kort reënbuie buite geval – inderdaad seëninge van bo!!! Die senuwees en opwinding skop in die oomblik as jy jouself vir die eerste keer in die spieel sien met jou rok, hare en grimering gedoen. Jy weet met rok aanpas en grimering proeflopies kan mens nooit die volle prentjie regtig sien nie. Die dag en oomblik is hier!!!
Realiteit skop in toe ek my pa moes inhak en die padjie afstap na my TROU MAN! Eks ‘n emosionele mens maar mensdom niks kon my voorberei op die mooi prentjie wat ek gesien het toe ek in die gang afloop na my man nie. Alles was perfek en soos die trane afloop doen ek’ n skiet gebed na bo-Dankie Here vir hierdie mooi, geseënde dag.
Ons persoonlike beloftes aan mekaar het mooi aangesluit by ons intieme atmosfeer. Alles van ons dag was perfek, die venue, dekor, blomme, die kos en die teenwoordigheid van ons naastes. As ons dit kon oordoen sal ons niks verander van ons dag. Ons was inderdaad geseën met ‘n sprokiesmooi dag.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2021 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2020 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Maggies flower corner
  • Bruidegom-pak: Eurosuit
  • Dekor: Fraaigelegen reception venue
  • Fotograaf: Zanephyn Keiser Productions
  • Gaste Geskenke: Wellington Cookie Company
  • Grimering: Blush hair & makeup
  • Hare: Blush hair & makeup
  • Huweliksbevestiger: Father Gradwell Fredericks
  • Trouring: American Swiss
  • Troukoek: R’s Kitchen
  • Musiek: Morné Meyer
  • Trourok: Little things, Big moments
  • Venue: Fraaigelegen reception venue
  • Paartjie se verblyf: Fraaigelegen reception venue
  • Videograaf: Teezy
  • Huwelik kontrak: Adams Attorneys
  • Wittebrood plek: Wilderness