Dawie & Maristha Schloms

STORIE:


Ooo ek is so opgewonde om ons storie te vertel, aangesien ek 2020 my lot aanvaar het dat ek nooit gaan trou nie.
Ek Maristha is `n plaasmeisie en werk as Rooibos aankoper tussen produsente daarom woon ek op `n plaas om naby my produsente te wees.
Clanwilliam het `n beperkte aantal hubare mans en nie een was my deksel nie. Ek het nie `n 9-5 werk nie so my sosiale lewe was flou en ek wou net altyd rus na my lang werksdae.
Dawie aan die anderkant is van Worcester en het kunsmis besigheid daar, en was pas uit `n toksiese verhouding.  Oppad na `n troue in Swellendam laat weet die bruidegom my 2 aande voor die trou ek mag `n metgesel saambring. Sy voorstel is dat ek Tinder aflaai as ek in Swellendam kom en die eerste ou vir wie ek regs swipe saam vra troue toe. Eers baie skepties en bang iemand van my distrik erken my op Tinder laai ek versigtig Tinder af toe ek in Swellendam kom. My eerste “match” is Dawie, vinnig gaan ons oor na Whatsapp en ek delete onmiddelik weer Tinder. Na my eerste voicenote op Whatsapp en syne wat volg besluit ons om aanhou te gesels. Ek gaan wel alleen troue toe omdat ek te skaam is om so vinnig al te vra om saam trou toe te gaan. Die Sondag-oggend terwyl ek oppad terug Clanwilliam toe is bel Dawie my, oppad na sy sevens uitstappie in die Kaap. Ek is versigtig want ek aan die anderkant is nie sommer `n sevens sosialis nie. Hy stel voor om my die Maandag te ontmoet waar ek wil, ek vat die kans en stel Lambertsbaai voor. Die Maandag is darem let wel `n vakansiedag. My senuwees begin werk, 2 ure voor ons ontmoeting laat weet hy dat hy 2 vriende saambring, vir ingeval ek dalk nie `n veilige opsie is nie. Met die instap slag is beide van ons verlief, die Maandag nag 12 uur ry Dawie en sy 2 vriende eers weer terug Worcester toe. Net om 2 dae later weer vir my te kom kuier op die plaas. Van daar af was ons nog nie een oomblik weer uitmekaar uit nie. Omdat ek 31 is en hy 33, het ons nie op ons laat wag nie. Dawie is die mooiste man wat ek in my lewe al ontmoet het, van binne en buite. Ons is verslaaf aan mekaar. Vir iemand wat versigtig was vir aanlyn webtuistes stel ek dit beslis voor, net dalk soos ons slaan jy die “jackpot”. Iets soos Tinder bied mense soos ek en mense wat bietjie uit die beskawing is of nie groot op sosiale geleenthede nie die perfekte platform om iemand spesiaal te ontmoet. Ek het nooit gedink daar bestaan iets so perfek soos Dawie nie. Ons altwee het wel baie jare gebid vir die perfekte lewensmaats.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Okasie Flowers
  • Bruidegom-pak: Willem Zedman
  • Dekor: Okasie Events
  • Fotograaf: Nikki Meyer
  • Gaste Geskenke: n/a
  • Grimering: Hair & Make-up by Almari
  • Hare: Hair & Make-up by Almari
  • Huurdienste: Slippery Spoon,
  • Huweliksbevestiger: Pastoor Johan Schoonraad
  • Juweliersware: Munnik Jewellers
  • Trouring: Munnik Jewellers
  • Troukoek: Slippery Spoon
  • Koördineerder: Veil Events by Dane Smit
  • Musiek: John Niel
  • Platejoggie: DJ WICO
  • Skoene: Woolworths
  • Skryfbehoeftes: Susan Brand Design
  • Strooimeisie-rokke: n/a
  • Tente: n/a
  • Trourok: Didi Couture
  • Venue: Khoisan Tea Farm
  • Paartjie se verblyf: n/a
  • Vermaak: n/a
  • Vervoer: n/a
  • Videograaf: Gdesign Concept Studios
  • Huwelik kontrak: Grant Spammer Prokureurs
  • Wittebrood plek: Namibia