Dewalt & Leandri Erasmus

STORIE:


Ons storie het 2009 begin, dit was toe ons mekaar die eerste keer gesien het…Maar dis waar dit geëindig het, niks gepraat of enige tekens van belangstelling nie, want hy was matriek en ek graad 8, so natuurlik het hy skool verlaat die einde van daardie jaar! Pause…!!! Uiteindelik 2014 vind ons mekaar heel toevallig op sosiale media, begin toe maar bietjie gesels en hier vertel die ou my alles, hy vertel my hoe hy op skool gedink het eks mooi en die hele toetie … NATUURLIK my eerste vraag, maar hoekom 5 jaar later, hoekom jy nie daardie tyd ‘n ”move” gemaak nie…??? Wel so dit daar gelaat, en ek stel toe nie op daardie tyd belang in ‘n verhouding nie, so ons gesels toe maar net so nou en dan, Dewalt werk toe teen daardie tyd oorsee, en die geselsies begin toe al hoe meer raak, Augustus 2014 moes hy noodgedwonge terug vlieg SA toe oor visum probleme, so word ek laat weet en gevra maar kan ons nie, maar gaan koffie drink wanneer hy hier is nie…Ek skop vas en stel nie belang nie, vertel een aand na College vir my ma van die ou wat wil gaan koffie drink, my ma ewe motiverend…JY MOET GAAN!
So word 1 “koffie-date” 2 en voor ek my oë kon uitvee, is ek uitgevra. So Augustus 2014 toe maak ons dit ”official” soos dit mos genoem word.
Dewalt het steeds ver afstande gewerk, hetsy in ‘n ander dorp of soos vir die afgelope 3 jaar weer in Amerika. Die verhouding het net sterker geword met tyd en afstand.
November 2018 gaan haal ons hom op die lughawe na sy seisoen oorsee, en net daar en dan sak die man op sy knieë, EN VRA MY OM TE TROU, op die lughawe, ja ek het definitief gevoel of ons in ‘n ”movie” is, want dit gebeur mos net in flieks!!!
Die volgende jaar is Dewalt terug oorsee, troureelings is aan die gebeur en alles gaan aan, ons bly in Graaff-Reinet in die hartjie van die Karoo so ons het net besluit geen troue tussen Desember en Februarie nie – want dan is dit hel in Graaff-Reinet met die hitte.
So breek ons troudag aan perfekte maand, want dit koel af en seisoen stap nader na Winter, 7 Maart 2020 en wat wys die temperatuur vir Graaff-Reinet in die 40’s… So imagine ‘n trourok dra in daardie hitte, maar ek doen dit lag-lag enige dag weer. So stop dit nie daar nie, ons besluit ons wil BEAUTIFUL fotos he en gaan dit by Vallei van Verlatenheid gaan neem – en nee nie net so entjie ingery nie, ingery en tot heel bo gestap trouklere, trouskoene, trourok die works.
Ons dag was pragtig en dit sou nie moontlik gewees het sonder ‘n hele klompie wonderlike mense nie, daar het absoluut NIKS op ons dag skeef geloop nie, dit was absoluut PERFEK van die begin tot die einde!!!
En die beste raad wat ek vooraf gekry het, was “vat ‘n oomblik en neem alles in” en weet julle wat – ek het, en eks nie een oomblik spyt nie.
Dit was die BESTE dag van my lewe, en even beter as my kleintyd drome van ‘n sprokiestroue!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ20004


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes
R 2 000 = 2 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na kontak@trouevandiejaar.co.za
For assistance, please send an e-mail to kontak@trouevandiejaar.co.za
Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply


Diensverskaffers:

  • Blomme: Hanre Thiart
  • Bruidegom-pak: Woolworths & Jonsson Workwear
  • Dekor: Hanre Thiart & Profcon Resort
  • Fotograaf: Matty van Rensburg Photography
  • Gaste Geskenke: Graaff-Reinet Protective Workplace t/a Boundless
  • Grimering: Antoinette – Tippy Toes
  • Hare: Anzel van Miems Haarsalon
  • Huweliksbevestiger: Ds Ben Wiese
  • Juweliersware: American Swiss
  • Trouring: American Swiss & Unbreakable Man
  • Troukoek: Hestie vd Mescht – Polka Cafe. Bakery. Deli
  • Musiek: Herman Wagner
  • Skoene: Jonnson & Baruch
  • Trourok: Bridal Flair PE
  • Venue: Profcon Resort
  • Paartjie se verblyf: Profcon Resort
  • Videograaf: Jacques Louw JL Video Produksie
  • Huwelik kontrak: A Bouwer
  • Wittebrood plek: Kus langs gereis