Eben & Abby Van Niekerk

STORIE:


Ons liefdesverhaal het reeds in die hoërskool begin en min het ons geweet dat ons agt jaar later voor die kansel sal staan en die res van ons lewens aan mekaar sal beloof.

Ons het nog altyd ‘n onbeskryflike vriendskap gedeel. Ons lag saam, huil saam en dien die Here saam. Hoe beskryf mens dit? Saam hom is my hart tuis. Daar is bevryding in die wete dat jy niks anders hoef te wees as jouself nie, maar tog wil jy net die beste vir mekaar wees. Ek dink ek verstaan wat dit is om onvoorwaardelik lief te hê.

Eben ken my soos ‘n boek en het dit weereens met ons verlowing bewys. Wetende dat ek weet hy hou niks van fotos nie, het hy gereël dat ‘n fotograaf my benader vir ‘n fotosessie van die twee van ons. Tot sy verwagting, het ek dadelik ja gesê sonder om hom te raadpleeg. So vra hy my op ‘n kreatiewe manier gedurende die fotosessie om te trou – hy was eintlik slim omdat ons toe nie eers nodig gehad het om vir ‘n amptelike verlowingsfotosessie hoef te gegaan het nie.

Ons aanvanklike troudatum was 12 September, maar toe COVID-19 tref, moes ons vinnig ‘n besluit neem om dit te skuif na 13 Maart 2021. Almal (veral bruidspare van 2020) is bewus van die sogenaamde “corona-coaster”. Een dag voel jy positief, die volgende dag wil jy net huil. Na baie frustrasies, het ons albei besef dat ons nie nodig het om die vooraf beplande troue te hê nie, ons wil immers net mekaar hê en die Here eer in ons besluit. So skuif ons die troue finaal na 24 Oktober 2020 en dit was die beste besluit OOIT!

Ons het nie die tradisionele troue gehad nie – ons het dinge op ons manier gedoen. Geen koek, geen garter en geen formaliteite, net lekker kos, lekker lag en ‘n feesviering van die liefde.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ20112


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes
R 2 000 = 2 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na kontak@trouevandiejaar.co.za
For assistance, please send an e-mail to kontak@trouevandiejaar.co.za
Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply


Diensverskaffers:

  • Blomme: Slipperfields Venue
  • Bruidegom-pak: Woolworths
  • Dekor: Slipperfields Venue
  • Fotograaf: Jenna Finkelstein
  • Grimering: Nina de Sousa
  • Hare: Tuane van der Merwe
  • Huweliksbevestiger: Ps Shawn Warren
  • Juweliersware: Fischers Jewellers
  • Trouring: Fischers Jewellers
  • Strooimeisie-rokke: Marinda Slabbert
  • Trourok: Jason Kieck
  • Venue: Slipperfields Venue
  • Paartjie se verblyf: Sipperfields Venue
  • Wittebrood plek: Wildernis