Frikkie & Elrie Schoombie

STORIE:


Ek en Frikkie is beide van Bloemfontein. Ons het mekaar by die Vrystaatse Universiteitskoor ontmoet. Van die dag wat ek vir Frikkie ontmoet het, was ek gaande oor hom. Hy is ‘n misterieuse slim man wat ek net eenvoudig móés leer ken. Ons is albei introverte en het maar baie aanmoediging van ons vriende nodig gehad voor een van ons ‘n “skuif sou maak”.

Op ‘n koortoer na Jeffreysbaai het dinge egter begin spoed optel. Daar was meer geleentheid om mekaar te sien en mekaar te leer ken. Ons het agtergekom dat ons albei ‘n groot liefde vir klassieke musiek het en dat ons altwee musiekinstrumente bespeel.

Ek en Frikkie het vir amper ses jaar uit gegaan voor Frikkie die groot vraag gevra het. Frikkie het die ring blykbaar al in Desember 2018 laat maak en elke keer saam met hom gebring wanneer ons Bloemfontein toe gegaan het (ons bly nou in Johannesburg). Oor paasnaweek het hy (saam met sy vriende) op die ingewing van die oomblik besluit dat dit nou die tyd is vir die vraag. Dit was so spesiaal. Frikkie se vriend is betrokke by die Naval Hill planetarium en dit is waar Frikkie my gevra het om te trou. Hy het ‘n baie mooi foto vertoning binne die koepel laat speel asook my gunsteling liedjie van The Phantom of the Opera “All I ask of you”. Ek het absoluut niks verwag nie. Ek het nie eers gedink hy het al die ring gehad nie!

Ons troubeplanning het gelukkig baie glad verloop omdat ons oor meeste dinge saamgestem het (en omdat ek ‘n hele Pinterest bord opgebou het oor 6 jaar). Ons het presies geweet wat ons wou hê. Ons wou gaan vir ‘n dramatiese tema en het besluit op ‘n Phantom of the Opera geïnspireerde tema vir ons troue omdat ons altwee van musiek hou.

Dit was so ‘n spesiale dag. My broer se kind het vir ons die ringe ingebring en my ma se koor het ook tydens die seremonie vir ons gesing. My pa en sy sang instrukteur Thabo Hlongwane het ons verras met ‘n pragtige lied wat almal bewoë gemaak het.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2021 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2020 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Hartslief dekor
  • Bruidegom-pak: Euro Suit
  • Dekor: Hartslief
  • Fotograaf: Carine van Zyl – Meraci photography
  • Gaste Geskenke: @home en Mr Price Home
  • Grimering: Simoné Niebuhr
  • Hare: Mariska Scheurkogel
  • Huweliksbevestiger: Ds Andre Oosthuisen
  • Juweliersware: Inbar en Lovisa
  • Trouring: Heathorns Jewelery
  • Troukoek: Daleen Koen
  • Musiek: Anton Esterhuyse, Lesley Botha, Maria Yazbek, Paul Du Toit, Thabo Hlongwane
  • Platejoggie: Creative Kilowatt
  • Skoene: Wish 😅
  • Strooimeisie-rokke: Bridal World Gauteng
  • Trourok: Bridal World Gauteng
  • Venue: Rambler’s Club Bloemfontein
  • Paartjie se verblyf: Oakwood Lodge
  • Vermaak: Paul Du Toit, Anton Esterhuyse, Lesley Botha, Maria Yazbek, Thabo Hlongwane
  • Videograaf: Ralf Swart
  • Huwelik kontrak: Ds. André Oosthuisen
  • Wittebrood plek: Rio de Janeiro (Copacabana)