Gerald & Aileen Christie

STORIE:


Vir vyf jaar lank het ons mekaar leer ken, mekaar gekoester en mekaar lief gekry. Ons het goeie tye saam deur gebring en saam deur die slegter tye gegaan en sterker daaruit gekom. Ons het ons blydskap met mekaar gedeel, ons hartseer, ons vrese en ons drome.

Die jaar 2020 was ‘n baie moeilike jaar vir almal. Ons moes ‘n totaal van 3 keer ons grootdag uitstel. Die opwinding het gekom en gegaan. Ons het geweet dat ons bymekaar hoort en dat alles sal uitwerk soos dit moet en dat ons net moet sterk staan in ons geloof. Ons het geweet dat ons paadjie al reeds saam begin het.

In middel September het ons die goeie nuus ontvang, ons mag trou aan mekaar beloof. Alles het in plek geval, die venue, die fotograaf, ons dominee en die platejoggie. Beplanning het weer begin en ons harte was bly.

Ons het aan mekaar trou beloof op 7 November 2020 voor ons vriende en familie. Dit was ‘n pragtige sonskyn dag met ‘n windjie wat nie roer nie. Die tyd het begin aanstap, gaste is verwelkom en plekke is ingeneem. Ek het altyd gedink dat dit stresvol gaan wees om by die kerk in te stap, maar dit was nie. Dit het gevoel of tyd stil gestaan het. Dit het gevoel of dit net ek en my man was. Ons het heeltyd vir mekaar gekyk, die oomblik was baie groot en die hart vol blydskap en dankbaarheid. Die dominee het ‘n pragtige boodskap gegee uit die boek Rut. Die oomblik toe ons daardie eerste soen saam deel, het ons harte saam begin klop.

Ons kon nie beter voor gevra het nie, om die dag saam wonderlike familie en vriende te kon deel. Ons het ‘n dag vol pret gehad, baie saam gelag, mekaar bewonder, mekaar gekoester en hande vasgehou totdat dit sweet. ‘n Pragtige troue in die bosveld, fotos saam ‘n kameelperd wat ons agtervolg. Ons is lief vir mekaar en koester mekaar. Goeie en slegte tye kan kom, ons sal alles saampak want ons kies mekaar elke dag oor en oor.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ20116


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes
R 2 000 = 2 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na kontak@trouevandiejaar.co.za
For assistance, please send an e-mail to kontak@trouevandiejaar.co.za
Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply


Diensverskaffers:

  • Blomme: Self gedoen – Skoonma is baie kunstig
  • Bruidegom-pak: Truworths
  • Dekor: Ons het meeste goed self gedoen
  • Fotograaf: Mariette Walt
  • Gaste Geskenke: Grondboontjies en ‘n kaartjie
  • Grimering: Pretty me Make up and Salon
  • Hare: Pretty me Make up and Salon
  • Huweliksbevestiger: Ds Cois Meiring – APK Lichtenburg
  • Juweliersware: Jewel Matic – Lichtenburg
  • Trouring: Egoli – Lichtenburg
  • Troukoek: Biscuit King – Mahikeng
  • Musiek: ‘n lekker Mengelmoes
  • Platejoggie: Ben Botha – RS Entertainment
  • Skoene: Pierre cardin / Truworths
  • Strooimeisie-rokke: Pers en groen Infinity rokke
  • Trourok: Anel Botha – Calvers
  • Venue: Bona Bona Game Lodge
  • Paartjie se verblyf: Bona Bona Game Lodge
  • Huwelik kontrak: Bosman & Bosman Lichtenburg
  • Wittebrood plek: Umhlanga Rocks