Gideon & Cherine Retief

STORIE:


Elke donker wolk het ‘n silwer randjie (of liewers ‘n goue een).

Ons het 9 jaar gelede reeds geleer om die beste van elke situasie te probeer maak. Hierdie “kennis” was ongelooflik handig (einde 2019) toe ons private lugballon nie kon opstyg weens teveel wind vir die verlowing wat Gideon beplan het nie. Hy moes my toe sommer in my ouers se tuin vra met die hele gesin wat skelm vir ons loer. Ons het die volgende dag steeds die vlug gaan doen en weer verloof geraak!

Ons is ‘n eienaardige paartjie wat lief is vir mooi aantrek maar ook vir rooigrond en kamp. Ons is mal daaroor om mekaar se siele uit te trek (tot op ‘n punt waar die mense om ons begin wonder of ons nou regtig so met mekaar sal praat in die publiek).

Ons het ontmoet by ‘n diamantmyn in Cullinan deur ‘n gemeenskaplike vriendin en het sedertdien nog nie opgehou lag vir mekaar nie. Gideon is ‘n geduldige karakter wat my deur my mediese studies en spoede gedra het (een happie roomys op ‘n slag). Geen afstand was ooit te ver nie.

Ek glo ek is maar net in sy lewe om hom te laat lag. Hy glo weer dat ek ‘n hart het wat omgee vir ander.

Ons het besluit om in die bosveld te trou omdat dit my gunsteling plek op aarde is. Ons wou ook graag in die kerk trou omdat alles (veral liefde) by God begin.

Die datum 12/12/2020 was vir ons perfek omdat ons ‘n jaar wou hê vir beplanning. Ons het natuurlik nie die pandemie ingereken nie.

Ten spyte van ongelooflike onsekerheid oor die feit of ons wel sou kon trou – het ons besluit om te vertrou op God en deur te druk. Ons wou ons lewe saam kon begin en kon werklik nie meer wag nie. Geen druppels, donker wolke of kragonderbrekings kon ons mooiste dag bederf nie. Ons het natuurlik net een voorwaarde gehad. Ons wou ons gesinne voltallig hê. God het voorsien en Gideon se broer vanaf Abu Dhabi asook my broer wat ‘n vlieënier is in die noorde van Afrika was betyds vir die troue (COVID: Negatief). Dit was vir ons bitter spesiaal dat my moeder en haar vriende self die dekor kon doen. Haar kreatiwiteit het werklik ons wildste drome oortref.

Ons het besluit om “We Are the Champions” van Queen kliphard aan ons gaste op te dra by die onthaal. Ons het besef watter opoffering almal moes maak in ‘n pandemie om ons troue in Nylstroom by te woon. Ek en my pa het so lekker gedans dat niemand eers besef het sy linker vlerk en drie ribbes is gebreek nie.
Ons is ons families ewig dankbaar vir al die ondersteuning (fisies, emosioneel en finansieel).

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ20124


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes
R 2 000 = 2 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na kontak@trouevandiejaar.co.za
For assistance, please send an e-mail to kontak@trouevandiejaar.co.za
Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply


Diensverskaffers:

  • Blomme: Bell’s & Blossoms
  • Bruidegom-pak: O.S Man Tailor Made
  • Dekor: Carina Kirsten; Verdi en Rozanna Jackson
  • Fotograaf: Tyme Photography
  • Gaste Geskenke: Brandability
  • Grimering: Ubella
  • Hare: Ubella
  • Huurdienste: Glase vanaf Wedding Party (Louis)
  • Huweliksbevestiger: Dr Ernst Endres
  • Juweliersware: Oorbelle vanaf Lovisa
  • Trouring: Willem Aucamp
  • Troukoek: Theresa Harrison
  • Platejoggie: DJ Hennie
  • Skoene: Bruidegom: Tread + Miller
  • Skryfbehoeftes: So Kreate
  • Strooimeisie-rokke: Bella Mina
  • Trourok: Anel Botha
  • Venue: Mooiplaas Trou en Funksie Venue
  • Paartjie se verblyf: Duke’s Manor
  • Vermaak: GP Van Rheede Van Oudtshoorn
  • Videograaf: White Motion Films
  • Huwelik kontrak: Arthur Channon Prokureurs
  • Wittebrood plek: Knysna