Heinrich & Suané Hattingh

STORIE:


Die paartjie het die mees romantiese verlowing gehad na ‘n dag se pret in Kaapstad. Heinrich het alles vooraf HAARFYN beplan en die dag se rumoer het geëindig waar die twee heel alleen bo-op Tafelberg sit en die son sak bewonder. Heinrich kon natuurlik geen natuurskoon in neem nie, want hy sit daar met in knop in sy keel en ʼn ring in sy broeksak. Onbewus staan Heinrich op en posisioneer die foon teen ʼn klip vir ʼn selfie (maar eintlik sit hy die foon neer om ʼn video te neem van die groot oomblik), hy kyk diep in Suané se oë en kniel op een been en vra Suane om sy Vrou te wees! Dit was 4 Januarie, 2018.

Nou ja, nes elke toekomstige bruid en bruidegom begin die lekkerste deel van trou, die beplanning. Hulle het elke ope dag en elke expo bygewoon vir inspirasie en net saam met die ander paartjies die vreugde en liefde van trou te deel. Die opwinding van koek proe, fotograwe se werk te bewonder, dekor idees af te neem, rokke idees te kyk en juwele uit te soek was een van die kosbare herinneringe wat die paartjie deel. Die paartjie het hulle liefde vir kuns ook gewys deur self hulle naam plasings en “konfetti stokkies” te maak. Die hele reistog was soveel pret en kan vandag soveel krediet gee aan byeenkomste soos trou expos, want dit is iets wat ʼn paartjie alleen kan doen voor hulle troue en saam aan hulle perfekte dag kan beplan.

Heinrich en Suané het hulle datum neergepen vir 2 Mei 2020. Maar na die skok wat die wêreld getref het, genaamd COVID-19, kon die paartjie nie hulle droom dag hou soos hulle beplan het nie, maar moes uit skuif na 29 Augustus 2020. Gedurende die grendel tydperk het die verandering soveel hartseer veroorsaak, maar hulle het geweet dat hulle nie die enigste paartjie was wat deur die pandemie geraak was nie. Die grendel tydperk het op die ou einde soveel vir die paartjie geleer, wat vandag hulle net sterker gemaak het, soveel meer opregte liefde getoon het en lewenslesse geleer het. Dit was nodig gewees op die paartjie te leer om gemaklik te wees met veranderinge en kronkelpaaie, want net soos die huwelik is alles nie altyd soos mens beplan nie en jou pad is nie altyd gelyk nie. Daarom is dit so belangrik om God die fondasie van die huwelik te maak want dan, slegs dan, kan mens enige aanslae van die lewe aan te vat.

Dit was ʼn behoorlike beplanning sessie op die troue te reël wat toe plaas gevind het aan die einde van vlak 3 inperking (geen alkohol en nie meer as 50 mense by ʼn byeenkoms nie!) Die gevolg was ook dat Suané en Heinrich geen ram/henne partytjie kon hê nie, maar dit was op daardie stadium nie hul grootste bekommernis nie. Heinrich moes ʼn week voor die troue werk gaan doen het in Port Elisabeth en die paartjie het ʼn huis gekoop ʼn maand voor die troudatum. Dit was net een groot stres!!!

Nietemin, die groot dag het aan gebreek en dit was op die ou einde meer as perfek, dit was geseënd!
Heinrich staan voor in die pragtige klein klip kerk, met pienk ligte wat teen die binne mure op skyn. Daar is ʼn sagte zoem van mense wat wonder hoe die bruid gaan lyk en dan raak die musiek so bietjie harder en die twee strooimeisies loop in die kerk in(Albei beste vriendinne van Suané). En dan begin die troumars hard te speel, die hout kerk bankies kraak soos almal opstaan en die groot kerk deure swaai oop met Suané en haar ma se silhouette. Almal oeeh en aahhh soos albei van hulle baie stadig oor die rooi tapyt stap. Suane’ probeer oog kontak vermy met Heinrich, want die emosies sou al die grimering af was. Heinrich het glad nie terug gestaan vir die emosies wat op al begin op hoop toe die grendel tydperk begin het nie. Dit was ʼn verligting en dit was pure skoonheid wat elke trou paartjie al beleef het.

Die intieme kerkdiens wat die pastoor gegee het soveel beteken vir die paartjie na die rowwe jaar en wat vir die paartjie voorlê in hulle lewenspad vorentoe. Efesiërs 3:20 – God is so magtig en sterk, juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie.

Na al die formaliteite was dit tyd vir koek sny (ja, ons gaste het dinge anders gedoen – hoekom mag koek nie eerste geëet word nie?) en dan die fotosessie saam die hoogs verliefde trou paartjie. Die Hattinghs was so verlore in mekaar se liefde dat dit so maklik was vir die fotograaf om die passie en liefde vas te vang.

Die gaste was toe gevra om na die diens te gaan na die pragtige grasperk waar hulle bederf was met drankies en ʼn Photobooth. Heinrich en Suané het ʼn slideshow gemaak met foto’s van hulle tyd saam en terwyl die gaste se aandag gevestig is op die slideshow het hulle ongesiens ingestap en hulle eerste dans gedoen (ja, weer iets anders as normaal). Die paartjie het hulle dans voor die troue oor en oor en oor geoefen in die motorhuis. Dit was sprokies mooi met die roosblare op die dansvloer, die sagte liggies wat oor die wynrooi tafels gedrapeer is.

Die paartjie het ʼn groot liefde vir rooiwyn en die Kaap, daarom was die kleure van die troue wynrooi hoofsaaklik. As mens dink wyn, dan kom romanse, liefde en warmte. Dis die gevoel wat die paartjie by die gaste wou skep, hulle moes voel wat die paartjie voel. Suane’ het presies hierdie versoek aan die bloemis gegee, en sy het idees begin rondgooi. Hulle het ‘n paar ontmoetings gehad voor die troue om alles perfek uit te kies vir hulle groot dag. Die dag van die troue word almal begroet met ‘n onthaal vol… “wyn”. Die diep burgundy kleure met roos goud, groen en wit subtiel afgewissel met ander sagte kleure. Hoë staanders met kunswerke in 3-D vorms wat daarvan afhang, kersies wat dryf en ‘n bruidstafel ruiker wat perfek aanmekaar gesit is.

Die strooijonker het ʼn heildronk in gestel op die paartjie, Suané het vir haar man ʼn praatjie geskryf en daarna het Heinrich die mooiste praatjie aan sy vrou voorgedra. Kos was bedien. Vis vir voorgereg, Hoender vir hoofgereg en kaaskoek vir nagereg. Die aand het feestelik afgesluit soos die verliefde paartjie en die gaste die aand om gedans het en net vir ʼn baie kort oomblik vergeet het van die rumoer wat COVID veroorsaak het. Dit was ʼn byeenkoms soos geen ander en dit was meer as perfek, dit was geseënd!

*COVID was nêrens te vinde by die Hattingh troue nie.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ20062


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes
R 2 000 = 2 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na kontak@trouevandiejaar.co.za
For assistance, please send an e-mail to kontak@trouevandiejaar.co.za
Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply


Diensverskaffers:

  • Blomme: Flower genesis
  • Bruidegom-pak: Iewers uit Thailand
  • Dekor: Flower genesis
  • Fotograaf: Chantelle Loots photography
  • Gaste Geskenke: Sidonie Botha
  • Grimering: Karin Rhoode
  • Hare: Hair topix
  • Huurdienste: Batterboys Village
  • Huweliksbevestiger: Jaco Schutte
  • Juweliersware: Lovisa
  • Trouring: Poggenpoel diamond jewelers/Titanium studio
  • Troukoek: Batterboys Village
  • Koördineerder: DJ Kotze
  • Musiek: Batterboys Village
  • Platejoggie: Batterboys Village
  • Skoene: Miladys/Levis
  • Skryfbehoeftes: Jessica Giani
  • Strooimeisie-rokke: Oriental Plaza
  • Trourok: Whimsical Bridal
  • Venue: Batterboys Village
  • Paartjie se verblyf: Batterboys guesthouse
  • Vermaak: Funky Photobooth
  • Huwelik kontrak: MC Koen
  • Wittebrood plek: Kaapstad