Hennie & Riana Wolhuter

STORIE:


Ons storie begin eintlik al lank voor ons dit self besef het. Ons altwee het na skool besluit om nie dadelik te gaan studeer nie, maar in 2010 bevind ons onsself in dieselfde klas as eerstejaars in Potchefstroom. So sal ons vir die volgende amper 10 jaar nooit meer as net n paar kilometer van mekaar af wees nie. Na universiteit trek ons altwee Pretoria toe en net so op ‘n dag, wat na net nog ‘n doodgewone dag gelyk het sal ons mekaar vind. Kyk jy weet jy is hals oor kop verlief as mense jou so bietjie snaaks begin aankyk omdat jy vir die rak bokspap staan en staar met daai stupid smile op jou gesig. Die liefde het behoorlik geblom! Slegs nege maande later reg onder die Amfiteater binne in die Drakensberge het ons verloof geraak en nie eers COVID kon ons stop nie want presies ‘n jaar na ons verloof geraak het sal ons voor vriende en familie die “I Do’s” sê.

Ons het meeste van die reëlings self gemaak en ook so die plaaslike talent ondersteun. Die geskenkies het ons by Lylet Makwinjo van African Beads Art gekoop. Sy en haar man maak die mooiste goed van draad en vandag het elke vrou die mooiste draad rosie in haar huis wat vir altyd sal hou, net soos ons liefde. Haar man het vir ons die mooiste cake topper uit hout gekerf. Die lanterns wat op die tafels was het ons self gemaak om kostes te bespaar, die hout stompe was spesiaal vir ons gesny. Die maak van die lanterns het baie geduld geverg, maar na weke se sweet en stof kon ons met trots ons eie hande werk ook op die tafels plaas. Die décor was mooi af gerond met kersies, vars blomme van die mark en die mooiste woestyn rosies wat my Ma en haar vriendinne spesiaal vir ons gegroei het. Die backdrop wat uit wilger take en gevoude papier voëltjie bestaan het was elke papercut werd.

Ons het ‘n paar goed geleer uit ons trou reëlings uit. Geduld is baie belangrik, help mense waar jy kan en moet nooit ophou glo in die goedheid van mense nie. Die goedhartigheid van my haarkapper, Marianka, het my stom geslaan toe sy vir my extension gee teen geen koste en net sê: “Elke bruid verdien om mooi te lyk op haar trou dag”.

Vandag is ons geïnspireer om décor te maak vir klein troues wat bekostigbaar is sodat elke bruid en bruidegom ook hulle droom troue kan hê.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ20110


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes
R 2 000 = 2 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na kontak@trouevandiejaar.co.za
For assistance, please send an e-mail to kontak@trouevandiejaar.co.za
Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply


Diensverskaffers:

  • Blomme: Ananda Hanger
  • Bruidegom-pak: Smart Guy
  • Fotograaf: Nici Pelser
  • Gaste Geskenke: Lylet Makwinjo en Norman Ngome
  • Grimering: Zilia van Niekerk
  • Hare: Zilia van Niekerk
  • Huurdienste: Centurion party hire, Colour country flora, Hand Creations.
  • Huweliksbevestiger: Ds. Phil Grabe
  • Trouring: JDC, en De Wets Jewelers
  • Troukoek: Jofie Badenhorst
  • Koördineerder: Tabatha
  • Platejoggie: DJ Storm van Makiti
  • Skoene: Makro
  • Trourok: Viola Chan
  • Venue: Makiti Wedding and Venue’s
  • Paartjie se verblyf: Makiti Wedding and Venue’s
  • Huwelik kontrak: Vorster Inc.
  • Wittebrood plek: Kruger Nasionale Park