Herman & Anuschka De Goede

STORIE:


Ek en Herman het 16 Mei 2018 ontmoet, 16 Junie 2018 begin uitgaan en in Europa verloof geraak in April maand 2019. Ons het besluit om ook nie lank te wag voor ons trou nie. As dit nie vir die druiwe seisoen was nie het ons dalk voor 2020 getrou. Gelukkig was dit ook net voor die lockdown. Ons is bly in Naboomspruit in die Limpopo provinsie. Ons het gedink om ‘n regte “plaas/bosveld” troue te hou wat ons ook nie ‘n fortuin gaan kos nie, want nie ek of my man is baie gepla oor ‘Fancy’ nie as ek dit so kan stel. Ons is regte plattelandse mense. Na ons op ‘n venue besluit het, het my ma se vriendin haar gekontak en gesê hulle het ‘n lodge gekoop net buite Naboomspruit, en gaan ‘n saal bou as ons eerder daar sou wou trou. Sy het ook gesê dat daar ‘n boma sal wees waar ons lekker vuur kan maak. Ons het gaan kyk en dit was net grond. Geen saal. Geen gras.
Dit was Julie/Augustus maand 2019. Ons het oor net 7 maande getrou. Ons het besluit ons skuif die venue na Trados Bush Lodge toe waar die saal gebou gaan word. Met ons troudag het die saal gestaan en dit was presies wat ons in gedagte gehad het vir ons droom troue. My ma en een van haar beste vriendinne het al die dekor redelik self gemaak en so het almal hier en daar ‘n hand by gesit. My aanstaande skoonma kon ons ook baie help met goedjies wat sy kon bring uit Pretoria. Mense het op bale gesit vir die seremonie en dit was in die buitelug. Ons saal was ook redelik oop en buite. My man het nie ‘n pak aangehad nie want ek het gevoel hy moet gemaklik wees. Ek het selfs ook “Blu Betty” skoene aangehad by my trourok en my man vellies by sy chinos van Vellie Boutique. Ek het ook amper vergeet om te sê dat die helfte van ons blomme wat Lavender was gevrek het toe hulle dit die oggend wou uithaal, my aanstaande het dit darem gou gered met “Spray paint”. Dit was die laaste ding wat my kon ontstel. Ek wou net trou en niks sou die dag vir my omkrap nie. Ons het probeer om alles anders te doen, ons Sjampanje glase was blikbekers, die voorgereg was druiwe, biltong en droëwors en ons aandete was Romans Pizza uit Nylstroom en die nagereg was Krispy Kreme doughnuts uit Pretoria. Die gaste se geskenkie was die blikbekers wat hulle kon huistoe vat. Ons het ook nie ‘n gasteboek gehad nie, maar ‘n aardbol waarop die mense kon skryf. Die aand was gou verby, maar dit was ‘n wonderlike aand om te onthou met vriende en familie. Alles was perfek! Ons was werklik geseënd met ‘n regte BOSVELD TROUE.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2021 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2020 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Liefland lavenders
  • Bruidegom-pak: Geen pak aangehad nie
  • Dekor: Charlotte Maidment, Marizaan Aspeling, Lennie Aspeling, Daleen de Goede (My ma en familie)
  • Fotograaf: Melinda Maidment Photography (skoonsussie)
  • Gaste Geskenke: –
  • Grimering: Profile Beauty
  • Hare: Profile Beauty
  • Huurdienste: –
  • Huweliksbevestiger: Ramon Changuion
  • Juweliersware: Lovisa & Chiqwawa Bridal courture
  • Trouring: American swiss en my man Orbit rings
  • Troukoek: Linda Naude
  • Koördineerder: –
  • Musiek: Xtreme sounds
  • Skoene: Blu Betty (Anuschka) Vellie boutique(Herman)
  • Skryfbehoeftes: –
  • Strooimeisie-rokke: Chiqwawa Bridal Courture
  • Tente: –
  • Trourok: Chiqwawa Bridal Courture
  • Venue: Trados Bush Lodge
  • Paartjie se verblyf: Trados Bush Lodge
  • Vermaak: –
  • Vervoer: –
  • Videograaf: –
  • Huwelik kontrak: Werner Serfontein
  • Wittebrood plek: Margate