Ineke & Christiaan du Toit

STORIE:


Ons storie begin met Christiaan wat ‘n metgesel benodig vir Mopanie se 50 jaar feesdinee.

Gemeenskaplike vriende stel Ineke as metgesel voor. Christiaan ken hierdie meisie van geen kant af nie. Maar, soos almal hom ken, is Christiaan ‘n wat-het-ek-om-te-verloor- tipe mens wat nie op sy mond geval is nie en altyd reg is vir ‘n avontuur. Hy snuffel die nommer uit en stuur daardie eerste boodskap, 5 Julie 2019.

‘n Paar dae later is dit tyd vir ‘n eerste ontmoeting. Ons gesels vir 7 ure lank onophoudelik, asof ons ou vriende is wat nog altyd in die buiteruim ontmoet. Alhoewel dit begin het as ‘n eerste ontmoeting van 2 vreemdelinge, het die aand ‘n lied in ons harte wakker gemaak waar ons altwee geweet het dit was soveel meer.

Christiaan laat nie gras onder sy voete groei nie en 2 weke later, op 26 Julie, is dit amptelik. Met Bloubergstrand onder ons voete en Tafelberg wat op die horison vir ons loer word ons toe kêrel en meisie.

Van hier af is elke dag ‘n avontuur.

20 Desember 2019 by die asemrowende Cape Point Vineyards, sak Christiaan op een knieg neer en vra vir ewige liefde.

Dis ‘n sprokies-verhaal. Een wat God al so lank aan beplan. En een wat ons vir altyd sal koester.

En toe kom Covid. En net so vining verander ‘n klaar-gereelde troue van 200 gaste in ‘n baie klein intieme geleentheid. Vir ‘n meer perfekte dag kon ons nie gevra het nie. Dit was intiem, spesiaal en onbeskryflik kosbaar. ‘n Perfekte dag in ‘n onperfekte tyd. ‘n stukkie goud in hierdie warrelwind jaar. Met 12 van ons naaste familielede onder ‘n Vyeboom in die middel van die bosveld het ons ewige liefde aan mekaar beloof – met Christiaan se pa, Derick, wat ons in die huwelik bevestig.
Ons kon God se liefde en genade in elke stukkie van hierdie dag ervaar. En eweskielik was niks anders meer belangrik as die HIER en die NOU nie.
Ons harte loop oor van dankbaarheid. En ‘n sprokiestroue was dit beslis!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2021 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2020 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Flowers and Co
  • Fotograaf: Shanay Greene Photography
  • Gaste Geskenke: Bootlegger Coffee
  • Grimering: Die Bruid
  • Hare: Die bruid
  • Huweliksbevestiger: Ds Derick du Toit (Pa van Bruidegom)
  • Trouring: Beaudell Him en M2Jewellery
  • Skoene: Forever New
  • Trourok: Antoinette Martens
  • Paartjie se verblyf: Leselo Lodge (Groblersdal)
  • Videograaf: Son of Wolf Films
  • Huwelik kontrak: Marius Blom Inc
  • Wittebrood plek: IKhayalamafu, Caley Resort en Ama Casa (Drakensberge)