Jaques & Ruve Viviers

STORIE:


Jaques en Ruve

Ons Bruilofsfees was gehou 11 Jullie 2020, Ons Sprokiesverhaal het begin op my Beste Vriendin se troue waar Jaques op sy knieë gegaan het en my gevra het om sy vrou te word. Ons het oor die dag en datum besluit. Ons wou graag ‘n Ellegante Troue hê. Ons beplanning rondom ons Sprokie dag moes toe verander, dit was Lockdown. Ons moes Gaste verminder. Ons Venue moes verander dit was nogals ‘n Spanningvolle Oefening. Maar ons dag was nogsteeds Ellegant, en Asemrowend.
Sprokie Dag waarvan ek altyd gedroom het, die dag wat voel soos ‘n ewigheid. Diep in die Winter Maand, Yskoud met die winde wat sing en ruk daar buite. Vir beter kon ek nie gevra het nie. Ons het die Mooiste Venue gekry net buite Witbank in Mphumalanga. Die Venue het ‘n Franse Look toe ons binne in stap toe voel jy sommer baie Liefde en Verwelkoming. Kaggels wat brand het die mooiste atmosfeer geskep dit het gepas by die regte tyd van die Jaar, Winter.

Gaste ontvang elke ‘n Glasie Cherry vir verwelkoming. Gaste se naam plasing was gelaser uit hout en op Borde geplaas. Dekor was een word en dit was Sprokies gewees, Kleure wat ons op gewerk het was Pink en Wit. Rose oral waar jy kyk.

Ons Sprokie begin, In n paar minute gaan ek jou vrou wees mevrou Viviers wat n blessing, eer en droom om net joune te wees en om die perfekte lewe saam te begin waarvan ek so lank gedroom het. Ek trou vandag nie net met n man nie maar waarlik met ‘n beste vriend en lewensmaat.

Jy is perfek in elke manier vir my ek sal jou altyd lief he en koester elke dag van my lewe. Jy het my gewys wat waarlikke liefde is en ek kan nie glo dat hierdie Ongelooflikke man vir my uit gekies is nie.

Dit is dit My Liefie ons lewe begin nou!!!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2021 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2020 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Killeys
  • Dekor: De La Madre
  • Fotograaf: Mandri Pietersen
  • Gaste Geskenke: De La Madre
  • Grimering: Lisa Van Heerden
  • Hare: Lisa Van Heerden
  • Huurdienste: De La Madre
  • Huweliksbevestiger: Pastoor Freddie Van Der Merwe
  • Juweliersware: Touch of Gold
  • Trouring: Touch of Gold
  • Troukoek: Maria De Souza
  • Koördineerder: Dorothy Kotze
  • Platejoggie: Stanley
  • Skoene: Jimmy Choo
  • Skryfbehoeftes: Online
  • Strooimeisie-rokke: Thomas Thompson
  • Trourok: Thomas Thompson
  • Venue: Le Mas de Joao Boutique Venue
  • Paartjie se verblyf: Big 5 Guest House
  • Vervoer: Outydse Groen Kar
  • Videograaf: Joe Videograaf
  • Huwelik kontrak: Van Heerden en Brummer