JD & Jessica Venter

STORIE:


Ons sprokiesbruilof in die grendeltydperk xx Soos ons almal weet was 2020 ‘n jaar van onsekerheid, beproewing en ‘n aanpassing na ‘n nuwe normaal. Maar vir ons was dit natuurlik ‘n jaar van opwinding vir ons groot dag wat voorlê.

Hoe alles begin het..
Ek het my man ontmoet by ‘n wildsfees wat jaarliks gehou word in ons dorp Pietersburg. Daar het nog nooit ‘n man my oog gevang soos die eerste keer wat ek hom gesien het nie. Op daai oomblik het ek verstaan wat almal altyd vir my gesê het, “jy sal weet wanneer jy jou man ontmoet het”. Ongelukkig op daai stadium was hy nie enkel lopend nie, en my moed het dadelik in my skoene gesak. Maar ons het so lekker ge kuier en gedans die aand. En dis toe ek besluit ek gaan vir die man begin bid, want ek weet verseker die is my man! So moet nooit opgee op wat jy wil hê nie. Hier is ek 2 jaar later en ek het die man gekry waarvoor ek gebid het.

Laat ons begin..
Alhoewel die grendeltydperk baie troues op staak gesit het, het ons troue perfek uit gewerk. Ons is verloof op 29ste Augustus 2020. Ons het na venues gaan kyk en die enigste datum wat oop was vir 2020 was die 24ste Oktober, wat natuurlik dan ons trou datum geword het. Dit was baie vinnig, maar ek kon verseker nie nog langer wag om met die man van my drome te trou nie.

En so het die reëlings begin. Geen tyd vir stil sit of ginnegaap nie. Ons trou in minder as 2 maande en alles moet nog beplan word!

So het ons los gespring en laat waai. Dinge het baie vinnig en maklik gebeur en in plek geval. Ons venue, Moncherié het dit alles moontlik gemaak, deur die blomme, decor en kos vir ons te voorsien. Ons tema was “sage green” en “dusty pink” saam protea wat my gunsteling is.

Dag van die troue:
Ek kan eerlikwaar sê ek was die rustigste bruid gewees. Ek het die oggend saam my familie ‘n lekker ontbyt geniet en daarna is ek en my bruidsmeisies of slafies soos hulle, hulself genoem het na die bruidskamer om reg te maak. Ek het soos ‘n prinses gevoel en elke oomblik geniet van die oggend.

Die groot oomblik..
Ek het al baie emosies gehad in my lewe, maar niks kom by die emosies wat afspeel voor jy afloop na die kansel nie.
Toe ek my man daar voor sien staan kon ek nie help om trane van blydskap, seën en dankbaarheid te stort nie. Want ek weet ek is oppad om met die man te trou wat ek op smoorverlief is en die res van my lewe gaan spandeer.

Elke oomblik was onvergeetlik. Ek is baie lief vir kos en dis vir my altyd die hoogte punt van ‘n troue. Al moet ek dit nou self sê, was ons kos ongelooflik lekker. Die onthaal was vreeslik mooi en het gevoel of ek in ‘n sprokie in loop. Daar is altyd iets wat verkeerd verloop maar ek kan met eerlikheid se alles was perfek en kon nie vir beter vra nie. Ons het lekker baljaar na al die verrigtinge verby is. Ons het die mooiste foto’s wat ons sprokiesbruilof vasvang te danke aan Charl van der Merwe. Ek sal sê ons het nie net die troue van die jaar gehad nie, maar ‘n troue van een in ‘n leeftyd.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ20096


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes
R 2 000 = 2 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na kontak@trouevandiejaar.co.za
For assistance, please send an e-mail to kontak@trouevandiejaar.co.za
Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply


Diensverskaffers:

  • Blomme: Moncherié wedding venue
  • Bruidegom-pak: LaHom
  • Dekor: Moncherié wedding venue
  • Fotograaf: Charl van der Merwe
  • Gaste Geskenke: Self gemaak (heuning potjies)
  • Grimering: Zonique Saaiman makeup artist
  • Hare: Chanté Dennill
  • Huweliksbevestiger: Rassie Pretorius
  • Juweliersware: Debbie mouton
  • Trouring: Debbie mouton
  • Troukoek: Privaat
  • Koördineerder: Cecile eienaar van Moncherié
  • Musiek: Dawie Linder
  • Platejoggie: Dawie Linder
  • Skoene: Truwordts
  • Strooimeisie-rokke: Lamei Couture
  • Trourok: Amanda Goosen
  • Venue: Moncherié wedding venue
  • Paartjie se verblyf: Moncherié wedding venue
  • Huwelik kontrak: Andre Naude
  • Wittebrood plek: Return africa Pafuri tented camp