Johann & Alicia Pretorius

STORIE:


Ek en Johann is al van ons skool dae af saam. Ons het ontmoet by ń skool sokkie in graad 9 en van daar af het ons storie begin. Hy was hierdie oulike, skaam en romantiese seun gewees. Hy het my raak gesien en my nommer by een van my vriendinne gekry, ons het begin gesels en hy het my beste vriend geword. Die persoon na wie toe ek kan draai wanneer dinge moeilik raak en dit was dieselfde van sy kant af. Ons het mekaar se steunpilare geword. Deur die verloop van ons skool loopbaan het ons uitgegaan, ons matriekafskeid was so lekker gewees en ons het die toekening van ‘Romeo & Juliet’ ontvang. Daarna toe ons klaar gemaak het met skool is ons alby Bloemfontein toe om te gaan studeer. Johann het ingekom by Kovsies om vir n rekenmester te studeer en ek het gaan studeer om n Chef te word. Ek was net vir twee jaar in Bloemfontein en Johann moes 3 jaar studeer wat dit vir ons baie moeilik gemaak het. Ek het terug getrek Kimberley toe, toe ek klaar gestudeer het. Dit was n baie moeilike jaar gewees maar ons het dit defnetief maak werk, ek het elke nou en dan naweke Bloemfontein toe gery om te gaan kuier en Johann het dieselfde gedoen om party naweke Kimberley toe te kom dat ons mekaar kan sien. Johann het in 2018 klaar gemaak en toe ook terug gekom Kimberley toe. Ons was so gelukkig om weer by mekaar te kon wees. Een van ons stokpertjies is om te draf. Ek en Johann het saam geoefen en by n club aangesluit. Ons eerste two oceans wat ons gehardloop het was in 2018, Johann het die 56km gedoen en ek het die 21km gedoen. Ons het daarna besluit om dit weer in 2019 te doen maar die keer het ons alby vir die 21km ingeskryf. Johann is baie fikser en vinniger as wat ek is maar vir een of ander rede het hy by my en sy suster wat altyd saam my hardloop gebly. Op een stadium het ons haar weg gehardloop maar naby aan die einde het sy met ons opgevang. Net voor ons by die wen streep gekom het, het Johann my een kant toe getrek wat ek net nie kon verstaan hoekom hy wou stop nie want ons was so naby om klaar te maak, maar toe hy begin praat en op sy knee afsak voor die Two Oceans scare en ek sien hy haal die ring uit het ek geweet wat hy gaan vra. Ek het dadelik om gekyk net om sy suster te sien met haar foon besig om vir ons n video te neem. Ek was so bly en opgewonde om uiteindelik ons droom troue te kan begin beplan. Ons trou datum het ons gehad as die 12de September 2020 maar ons wou nie so lank wag nie en het dit geskuif na die 4de April 2020. Dit was vir ons die perfekte datum gewees en ons het begin beplan. Alles was alreeds klaar in Desember van 2019 en ons het die dae begin af tel. Ongelukkig het ons die nuwe jaar van 2020 begin met n groot skok wat niemand verwag het nie naamlik ‘covid-19’. Niemand van ons het ooit gedink dat n virus so groot impak op die hele werêld se lewens kon gehad het nie. Ons het maar net gehoop en gebid dat alles sal uitwerk soos dit moet. Ons slegte nuus het n week voor ons troue gekom toe die President gepraat het en gese het dat die ‘lockdown’ op die 26ste Maart 2020 sou begin. Ek en Johann was so gebroke toe ons die nuus hoor. Ons het dadelik met ons Dominee gepraat en besluit om nogsteeds ons troue te hou maar op die woensdag 25 Maart 2020 die beste dag van ons lewens. Dit was nie die troue wat ons beplan het nie maar dit was defnetief ons droom troue, met Johann aan my sy is ons defnetief in die wolke.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2021 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2020 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Nigel Londt
  • Bruidegom-pak: The Modernist Tailormade
  • Dekor: Nigel Londt
  • Fotograaf: Louis Botha
  • Gaste Geskenke: Dial a pack & Damian Wood work
  • Grimering: Bianca Vorster
  • Hare: Bianca Vorster
  • Huweliksbevestiger: Ds. Danilo Stoltz
  • Juweliersware: Lovisa
  • Trouring: Philip The Jewellery Shoppe
  • Troukoek: Mareli ” Die Koek tannie”
  • Musiek: Greg “Liquid ice”
  • Platejoggie: Greg “Liquid ice”
  • Skoene: Jelly Skoes
  • Strooimeisie-rokke: Red Carpet Fashion Design Studio
  • Trourok: Stanley Baptiste
  • Venue: Bella Cardi wedding venue
  • Paartjie se verblyf: Oleander
  • Huwelik kontrak: Van de Wall inc