Juandre & Clarissa Pienaar

STORIE:


Ek en Juandre het in 2015 ontmoet toe ek in my eerste jaar van onderwys was. Ons was ‘n jaar vriende voordat ons besef het ons is eintlik dol verlief.

Hy het een aand kom koffie drink en nooit ophou koffie drink daarna nie.

Ons het Julie 2020 verloof geraak en besluit dat ons sommer wil trou op my verjaarsdag in “lockdown”. Ons wou iets klein, intiem en spesiaal doen. Dis mos eintlik waaroor die dag gaan. Trou beloof aan mekaar met net hartsmense om saam met ons die mooi dag te vier. Sonder fieterjasies- ‘n lekker boere troue. Pampoen koekies was bo aan ons lys.

Dit is vreeslik spesiaal vir ons want sy ouers het ook op sy ma se verjaarsdag trou aan mekaar beloof.

Juandre is my beste vriend. Met die mooiste hart.Hy het my soveel geleer oor wie ek kan wees, hoe groot ek kan droom en wat dit werklik beteken om onvoorwaarlik mekaar lief te he.
Hy het ‘n gawe om altyd die mooi in my eerste raak te sien.

God het ons beslis baie lief dat Hy ons vir mekaar kon gee.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2021 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2020 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Batterboys Village Pretoria
  • Bruidegom-pak: Woolworths
  • Dekor: Batterboys Village Pretoria
  • Fotograaf: Dear Gabby Photography
  • Grimering: Christelle Bauer
  • Hare: Christelle Bauer
  • Huweliksbevestiger: Pastoor Marius van Lewende Woord Delmas
  • Juweliersware: Te Fraai Clara
  • Trouring: Frost
  • Troukoek: Hanlie du Plessis
  • Musiek: Juandre Scholtz
  • Skoene: Te Fraai Clara
  • Strooimeisie-rokke: Bridalalchemy
  • Trourok: Fynbos Bridal Boutique
  • Venue: Watercrest Garden Estate Pretoria