Justine & Carmen Myburgh

STORIE:


Na ‘n opwindende (en uitdagende) jaar van “ups-and-downs” in China, keer ons twee verliefde verloofdes terug na die mooie SA, baie opgewonde om troue te begin reël.
Die plan is ‘n romantiese, intieme viering van ons liefde, saam met slegs 30 naaste familie en vriende, teenaan ‘n asemrowende bergreeks in Stanford.  Aangesien die opwinding net te groot was, begin ons vinnig reëlings tref, en so word die unieke rok ook toe sommer vinnig by n klein boetiek “op sale” gekoop.
Dit is alles net mooi voordat President Ramaphosa die nasie aanspreek en die Groot Lockdown aankondig. Ons moed sak in ons skoene en ons harte is seer.
Ons besef ons sal maar moet vasbyt en ons beurt moet afwag.So kom ander wiele aan die rol en moet ons vinnig na die lange lockdown na n nuwe dorp verhuis om nuwe werk en ons nuwe lewe saam te begin. Alles is deurmekaar, en ons besef dit gaan nog baie lank wees voordat ons kans gaan kry om ons spesiale dag te laat realiseer.
Net daar en dan, op ‘n Woensdag, skakel ons die dominee en ons vra of hy bereid is om ons oor Zoom te trou. Hy stem gretig in en so begin ons reël aan ‘n Zoom troue vir die komende Vrydag!
Gaste word inderhaas deur Whatsapp uitgenooi en die nodige “link” word aangestuur. Daar word vinnig en maklik op die spyskaart besluit: dit sal begin met Mamma en Sussie se tamatiesop, gevolg met Pappa se pasta en dan sal dit eindig met die bruid se eie kaaskoek.

Die Donderdag word daar ‘n mini kombuistee gehou en die aand hou Pa en Bruidegom “bachelor’s” met bier en sport, terwyl Ma, Sussie en Bruid henneparty met n krismisbed, “snacks” en gesigsmaskers hou.Die spesiale dag breek aan en Ma, Sussie en Bruid ry die oggend in die dorp rond om troublomme te versamel. So word n pragtige ruiker deur Ma aanmekaar geslaan en ‘n pragtige blommekrans deur Sussie opgetower. Almal skarrel terwyl die hele huis se inhoud uitgedra en op die stoep herrangskik word. Sodoende verseker ons dat die spesiale oomblik met ‘n wonderlike uitsig van ‘n bergreeks afgerond word.Die spesiale oomblik breek aan en alles is hartroerend mooi; die bruid wat saam Ma én Pa na die bruidegom op die stoep loop, die Leonard Cohen liedjie wat speel, die pragtige boodskap van die dominee, die viervoetige ringdraer wat nie mooi verstaan nie. Alles was perfek.

Al was die klank van die rekenaar so swak dat ons met ons ore teen die skerm moes sit om die dominee mooi te kon hoor. Al het die honde in die agtergrond begin blaf. Al het ‘n bedelaar net mooi op daardie oomblik aan die voordeur kom klop. Al het motorfietse kliphard verbygejaag …

Na die unieke seremonie, kry ons kans om die gaste persoonlik te groet. Daar word kortliks met hulle gekuier voordat ons die res van die aand behoorlik ‘n troupartytjie met 5 mense en die geliefde goue spanjoel, Bart, op die stoep hou. Daar word in pa se wynversameling ingevaar, daar word foto’s met selfone geneem en daar word baie gedans en uit die maag uit gelag.

Ten spyte van al die “skeefloop” oomblikke, het hierdie intieme dag al ons trou verwagtinge oortref, en sal ons dit geen ander manier wou hê nie.

Ons is so dankbaar vir hierdie dag en dat ons nogsteeds ons oomblik, in ‘n verskriklike deurmekaar tyd kon hê.

Alhoewel daar toe ook nooit kans was vir ‘n wittebrood nie, hou ons nog vas aan die hoop dat die perfekte geleentheid sy opwagting op die regte tyd sal maak.

Eendag sal ons nog vir die kleinkinders vertel van die wonderlike dag toe Oupa en Ouma een van die eerste paartjies was wat tydens ‘n pandemie op die stoep, oor Zoom, getrou het.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ20122


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes
R 2 000 = 2 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na kontak@trouevandiejaar.co.za
For assistance, please send an e-mail to kontak@trouevandiejaar.co.za
Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply


Diensverskaffers:

  • Blomme: Self gepluk.
  • Bruidegom-pak: Sy eie klere.
  • Dekor: Alles vanuit my ouerhuis.
  • Fotograaf: Almal se selfone.
  • Grimering: My sussie, Mieke.
  • Hare: Self gedoen.
  • Huweliksbevestiger: Ds. Johan Fleischmann
  • Trouring: Ouma s’n.
  • Troukoek: Kaaskoek self gebak.
  • Koördineerder: Almal in die gesin.
  • Platejoggie: Almal teenwoordig.
  • Skoene: Espadrilles wat ek in China gekoop het.
  • Trourok: Boetiek in Kalkbaai.
  • Venue: Ouerhuis se stoep in Wellington.
  • Paartjie se verblyf: Ouerhuis, waar die troue plaasgevind het.