Marcel & Marike Laynes

STORIE:


Ons storie begin so…Dit was die jaar 2010, ek en Marcel was altwee graad aggies. Hy het my waargeneem op die skool stoep en dit was liefde met die eerste oogopslag. Hy het sy vriend in die ribbes gestamp en gesê sy gaan myne wees. Hy het na skool hastig huistoe gery met sy fiets om vir sy ouers te vertel dat hy sy vrou ontmoet het. Intussen is ek salig onbewus van wat aangaan of dat hy bestaan.Toe breek die jaar 2012 aan en almal dink die werêld gaan eindig…min het ek geweet my lewe gaan wel daardie jaar verander. Ek sien Marcel die eerste keer in die afrikaanse klas.. hy sit in die bank voor my.. shoe my hart het vinnig in my bors geklop.. hy is gorgeous. Natuurlik het ek gedink hy sal nie in my belangstel nie min het ek eintlik geweet…Sy vriend reël toe `n kuier en hy nooi vir my en Marcel albei. Van daardie dag af is ons onafskeidbaar. Beste vriende wat alles saam aanpak deur dik en dun. Uiteindelik kon ons op 5 Desember 2020 ewige trou aan mekaar beloof.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2021 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2020 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Vintage Affair
  • Bruidegom-pak: Edgars
  • Dekor: Vintage Affair
  • Fotograaf: Aldus Smith Photography
  • Gaste Geskenke: Ina Kok
  • Grimering: Terina Coetzee
  • Hare: Design X hair clinic
  • Huurdienste: Vintage Affair
  • Huweliksbevestiger: Pikkie Kok
  • Juweliersware: Glitz & Glamour
  • Trouring: Frikkie Louwrens
  • Troukoek: Elsje`s
  • Koördineerder: Vintage Affair
  • Musiek: Speellys saamgestel deur Marike
  • Platejoggie: Ben Botha
  • Skoene: Queenspark
  • Strooimeisie-rokke: MayBelle Couture
  • Trourok: Jacqueline`s Bridal Couture
  • Venue: Vintage Affair
  • Paartjie se verblyf: Villa Maria gastehuis
  • Vervoer: Opel Record
  • Huwelik kontrak: Botha & Botha produreurs
  • Wittebrood plek: Oorspronklik Mauritius maar met COVID toe George