Marco & Lizelle Botha

STORIE:


Covid of nie covid. Trou ons nou, trou ons later. 21 Maart 2020 is ons dag! ‘n Belofte wat ons maak om mekaar lief te hê en te ondersteun deur alles! Ja, ons dag het gekom en ja, die eerste reëls en voorsorgmaatreëls is in plek! Ons gaan trou! En ons het! Wonderlike sondkyndag, alles perfek! Net na die ja-woord, breek reën uit! Duidelike teken, ons word geseën! So spesiaal! Die liewe Heer weet ons is vir mekaar gemaak! My pappa kon ons trou en meer spesiaal sal mens nie kry. (Vandag rus hy by Jesus se voete.) ‘n Wittebrood verander na ‘n vinnige wittebrood, want terugkeer huis toe is ‘n moet! En so word ons wittebrood verleng want by die huis moet ons bly! Huistakies kon ons lekker verrig. Meer tyd, meer ons! Geseën met grendeltyd, geseën met mekaar!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2021 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2020 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Protea Groves
  • Bruidegom-pak: Woolworths
  • Dekor: My sus
  • Fotograaf: Gareth digital photography
  • Gaste Geskenke: My mams
  • Grimering: Karen Rhoode
  • Hare: Karen Rhoode
  • Huweliksbevestiger: Past. Anton van der Riet
  • Juweliersware: Lovisa
  • Musiek: EMC productions
  • Skoene: Te Fraai Diena
  • Venue: La Lula Lodge
  • Wittebrood plek: Lake Eland