Maree & Eilzna Ras

STORIE:


Die Windpomp gaan soek nie die wind nie.. My en Maree se storie is regtig ‘n “dream come true”. Ons was in die 1990’s saam op skool en in Standerd 8 het ek ‘n ” crush” op die aantreklikste seun in die skool gehad. Ongelukkig was my pa Adjunk-hoof by die skool en dit was ‘n groot afskrik middel vir die meeste seuns. my en Maree se lewens het elkeen in verskillende rigtings beweeg, maar ons was lank FB vriende toe ons paaie weer kruis na moeilke egskeidings. Daar was vandag een ‘n baie sterk emosionele band en min sou ons toe weet dat daar ook ‘n fisiese aantrekkingskrag sou wees toe ons die eerste keer in meer as 25 jaar mekaar “ontmoet”‘ vir ons eerste afspraak. 1 + 1 = 8 Ek het 3 kinders uit ‘n vorige huwelik en Maree het ook 3 kinders uit ‘n vorige huwelik. Ons is dus ‘n samegestelde gesin met kinders wat wissel van 8 Jaar (2ling) tot ‘n student van 20 jaar. Glo my soms is dit nie maklik nie, maar ons verhouding werk, want ons respekteer mekaar se verlede , is lief vir ONS 6 kinders en is mekaar se beste vriend.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2021 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2020 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Nigel Londt Bella Cardi
  • Dekor: Nigel Londt Bella Cardi
  • Fotograaf: Charlotte Fourie
  • Trouring: Arthur Kaplan
  • Koördineerder: Carien Bella Cardi
  • Venue: Bella Cardi
  • Wittebrood plek: Garden Route Trail Park