Matthew & Ansunell Hardenberg

STORIE:


12.06.2020 – 12 dae nadat vlak 3 begin het, ook 12 dae nadat mens vir die eerste keer vanaf lockdown begin het, weer kon trou (met maatreëls in plek, natuurlik), ‘n dag voor ons oorspronklike datum, 13 Junie 2020. Vir ons was dit belangrik om te oorweeg of ons trou om ‘n huwelik saam te begin, of om troue te hou. Ons het besluit om steeds te trou, en net later die onthaal te hou (aangesien alle deposito’s reeds betaal was). Ons het alles eenvoudig gehou, net ons naaste gesinslede was teenwoordig en ek het myself in die “isle” afgestap, want my pa bly in Namibië en ons het nie geweet wanneer die grense weer sal oop wees nie. Dit was intiem en baie spesiaal. Ons sal dit enige dag weer sò doen as ons die keuse van vooraf moes maak.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2021 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2020 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Suné Ferreira
  • Grimering: Simoné Niebuhr
  • Trouring: HDL
  • Skoene: Truworths
  • Trourok: YDE