Mia & Raymond van Tonder

STORIE:


Soos alle bruide altyd sê: “Dit was die beste dag van my lewe!”, maar die padjie om daar uit te kom was nie…

Vandat ek ‘n klein dogtertjie was droom ek oor die groot troue, maar toe word ons wêreld geslaan met die Covid-19 pandemie. Ek en Raymond het verloof geraak in September 2019 en toe die opwinding nog vroeg was het ek amper die hele troue klaar beplan voor die einde van 2019, insluitend venue, fotograaf, videograaf, blomme, kos en en en. Ons datum het ons gelukkig gerus gestel toe die pandemie tref, want “dit is mos eers aan die einde van die jaar.” Ai, min wetend dat die troue 3 MAANDE voor die groot dag óf uitgestel óf gekanselleer moes word as gevolg van die 50% kapasiteit en curfew. Emosies en stres het definitief hoog geloop en ons het besluit om al 100 gaste (uitsluitend gesinne) te laat weet die troue is gekanselleer en ons sal voortgaan met ‘n intieme seremonie. En daar begin die troubeplanning weer van voor af. Binne 3 maande is die troue oor beplan en ons groot dag was meer as genoeg met 23 gaste. In my ouma sê woorde: “Daar is 4 mense op die dansvloer, maar dit voel soos 200.”

Verder was die dag nog meer spesiaal gemaak deur my ma. My ma is die sterkste vrou wat ek ken en wen nou al ‘n jaar en 9 maande die stryd met alkoholisme. My hele lewe het ek klaar die besluit in my agterkop gemaak dat my ma nie by my troue gaan kan wees nie, dit is moeilik vir ‘n dogter, maar ek het geweet dit is vir die beste. Sy het bo alle omstandighede uitgestyg na onsettende harde werk en met die aanloop tot die groot dag en op die dag die grootste rol gespeel. Ons sal nooit hierdie dag saam vergeet nie.

Soos alle bruide altyd sê: “Dit was die beste dag van my lewe!”, behalwe vir my man se geskeurde broek 😉

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ20067


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes
R 2 000 = 2 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na kontak@trouevandiejaar.co.za
For assistance, please send an e-mail to kontak@trouevandiejaar.co.za
Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply


Diensverskaffers:

  • Blomme: Franschoek Flowers
  • Bruidegom-pak: Eurosuit
  • Dekor: Baie Goeters
  • Fotograaf: Grootdors Produksies
  • Gaste Geskenke: Taylored Treats
  • Grimering: Mooigemaak
  • Hare: Mooigemaak
  • Huurdienste: Baie Goeters
  • Huweliksbevestiger: Ds. Jannie
  • Juweliersware: Lovisa
  • Trouring: van Deijl Juweliers
  • Troukoek: Taylored Treats
  • Koördineerder: Eldorét
  • Musiek: Chris Rain
  • Platejoggie: Audiomeister (Ruan Burmeister)
  • Skoene: Woolworths
  • Skryfbehoeftes: Blooming Wonderful
  • Strooimeisie-rokke: Sissy Boy
  • Trourok: Bride and Co.
  • Venue: Rickety Bridge Winery Franschoek
  • Paartjie se verblyf: Rickety Bridge manor house
  • Videograaf: Grootdors Produksies
  • Wittebrood plek: Misty Mountain Tstitsikamma