Philip & Ilana Du Randt

STORIE:


Twee lewens, twee harte, twee siele word een!

Ons ontmoeting by ‘n troue in Namibië het gelei tot ons eie troue in Caledon. Ons was vir ‘n jaar in ‘n langafstand verhouding en nadat die verlange te veel geraak het, het Philip na die Kaap verhuis en ons het 3 November 2019 verloof geraak.

Vars plaaslug, koffie en tuisgebakte beskuit het ons die troudag begin. Die oggend is vining verby en die werklikheid het eers begin inskop toe ek my trourok aantrek en saam my pa en strooimeisies na die seremonie ry. Dit was altyd my droom om met my eerste kêrel te trou en dit was hy wat vir my by die kansel gestaan en wag het op die warm Saterdagmiddag. Gelukkig het daar ‘n ligte windjie gewaai wat net genoeg was om almal bietjie af te koel. Die senuwees, angs en opgewondenheid het rustiger geraak toe ons mekaar vir die eerste keer sien op ons spesiale dag.

Die gastelys was min, maar dit het ons nie gekeer om heerlik saam te kuier en te dans nie. Die families kon mekaar ook beter leer ken op hierdie geleentheid.

Daar was trane van blydskap, maar ook trane van hartseer omdat daar geliefdes gemis was op ons spesiale dag. Eendag sal ons saam na die foto’s kan kyk in die Hemel.

Ons is mekaar se beste vriende en glo en vertrou dit sal vir altyd so wees. Ons sien baie uit na die hoofstukke wat ons saam gaan skryf as Mnr & Mev du Randt.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2021 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2020 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Hooked on Decor
  • Bruidegom-pak: Mr Suite Hire
  • Dekor: Hooked on Decor
  • Fotograaf: Jeanré Du Plessis Photography
  • Grimering: Leoumé Vos
  • Hare: Leoumé Vos
  • Huweliksbevestiger: Frikkie Zeelie
  • Juweliersware: Lovisa
  • Trouring: NWJ & Orbit Rings
  • Troukoek: Cakes by Danika
  • Platejoggie: Dual Sound
  • Skoene: Woolworths & Freestyle Shoes
  • Strooimeisie-rokke: Hoiden Bridesmaids
  • Trourok: Tying The Knot Bridal Boutique
  • Venue: De Oudekraal Wedding Venue
  • Paartjie se verblyf: De Oudekraal Wedding Venue
  • Videograaf: Boland Weddings
  • Huwelik kontrak: Miller Bosman Le Roux Attorneys
  • Wittebrood plek: Garden Route