Reghartd & Chanette O’Neill

STORIE:


Eintlik het dit al begin in 2011, maar sonder dat enige een van ons bewus was van mekaar. Hy was in Italië vir sy skool se koor-toer en ek was ook in Italië vir my skool se akademiese toer. Ons het by dieselfde “hostel” in Florence oorgebly. Hulle het geoefen en toe vir die hele “hostel” ge“serenade”. Jare later toe ons werklik ontmoet en ons gesels oor die verlede en oor die spesifieke toere, net om terug te gaan op die foto’s wat ek geneem het en daar staan hy, besig om te sing, min wetend dat my trouman daar staan. Ons het toe uiteindelik op die 26ste Februarie 2016 mekaar ontmoet, hy het nie op hom laat wag nie en die 9de April 2016 het hy my uitgevra. Op die 22ste Desember 2019, vra hy my om te trou op Pearly Beach. Ons het gaan perdry op die strand, hy moes alles so beplan dat hy die sonsondergang regkry om dit nou ekstra romanties te maak, soos die man wat hy is, maar toe vra hy my op die langste dag en die kortste nag so die son het later gaan sak as wat hy gewoonlik doen en die spanning was vir hom meer uitgerek. Om dit nog so bietjie erger te maak, het hy die ring in sy baadjie se sak gebêre en dit om sy lyf gebind, toe hy op ‘n stadium afkyk het hy gesien sy baadjie het afgeval. Ons het so in die verte ingekyk en die branders sien breek oor die baadjie, ek het gedink dis snaaks, maar hy was duidelik nie beïndruk met die situasie nie, want daar binne in was die mooiste ring ooit. Na al die opwinding, met die son wat uiteindelik begin sak het hy ook op sy knie gesak en die ja-woord gevra. Die 14de November 2020 het aangebreek en my klein dogtertjie droom is bewaarheid, met die perfekste Laeveld weer en elke dingetjie op sy plek kon ek met die mooiste man trou. Die Here se Hand van seën en genade was elke oomblik tasbaar, ons lewe het saam begin en om mekaar naweke te groet is nou iets van die verlede!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ20121


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes
R 2 000 = 2 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na kontak@trouevandiejaar.co.za
For assistance, please send an e-mail to kontak@trouevandiejaar.co.za
Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply


Diensverskaffers:

  • Blomme: Whispering Thorns
  • Bruidegom-pak: Euro Suit
  • Dekor: Whispering Thorns
  • Fotograaf: Duck Soup Productions
  • Gaste Geskenke: Folkline
  • Grimering: Edge Beauty
  • Hare: Arauna du Plessis
  • Huurdienste: N.V.T.
  • Huweliksbevestiger: Ds. Nati Stander
  • Juweliersware: Eden & Co.
  • Trouring: Beaudell Jewellery
  • Troukoek: Royal Treats
  • Koördineerder: Whispering Thorns
  • Musiek: Ruben Eloff/Apollo Motel
  • Platejoggie: Riaan van der Schyff
  • Skoene: Call it Spring & Blu Betty
  • Skryfbehoeftes: The Allora Collection & 4 Keep Sake
  • Strooimeisie-rokke: The Maiden
  • Tente: N.V.T.
  • Trourok: The Wedding Collective
  • Venue: Whispering Thorns
  • Paartjie se verblyf: Whispering Thorns
  • Vermaak: Ruben Eloff/Apollo Motel
  • Vervoer: Oom Frans van der Merwe
  • Videograaf: Duck Soup Productions
  • Huwelik kontrak: Döman Weitsz Prokereurs
  • Wittebrood plek: Makalali Private Game Lodge & Kapama Private Game Reserve