Riaan & Tenise Coetzee

STORIE:


Ek en Riaan het na jare se bid vir die regte lewensmaat, mekaar uiteindelik ontmoet op 18 Julie 2019. Ons het van dag een af geweet ons het ‘n sielsgenoot en beste vriend in mekaar gevind en was onmiddelik onafskeidbaar. Ons het ure op die stoep spandeer en gesels oor alles wat belangrik is in ‘n huwelik. Ons het vinnig besef ons waardes en ideale is belyn en dat die Here ons op die perfekte tyd vir mekaar gestuur het. Hy is nooit laat nie. Op 19 Desember 2019 het Riaan my gevra om te trou by die mooiste Forum Homini & Roots in Krugersdorp. Hy het dit reggekry om dit ‘n groot verassing te hou ūüôā Ons het sommer onmiddelik weggespring om ‘n trou venue te kry en alles het net so maklik in plek geval. Riaan wou baie graag op die 9de Mei 2020 trou en siedaar, die venue was beskikbaar. Ons het sommer vroeg in 2020 al die ander re√ęlings getref en voor einde Februarie het ons basies net gewag vir 9 Mei om te arriveer (dit help om ‘n verloofde te h√™ wat deel is van al die re√ęlings en ewe opgewonde is oor die groot dag).
En toe tref COVID19 ons. Aanvanklik het ons geweier om ons troue te skuif en het heel positief geglo die “ou ding” sal oorwaai voor 9 Mei, maar soos wat dit in die geskiedenis boeke opgeskryf sal staan, was ons 9 Mei steeds in “HARD LOCKDOWN.” Dit het ons verseker nie onder gekry nie, ons is gelukkig heel beste maatjies en vat die lewe nie te ernstig op nie. Ons het sommer vinnig ‘n paslaken, woestynrose en blomme in die hare, ‘n snaakse fotosessie gedoen om ons gaste te laat weet ons stel ons troue uit. Ek het vir Riaan gevra watter datum hy ideaal na toe sal wil skuif, sodat ek by die venue kan uitvind of die datum beskikbaar is. Hy verjaar die 19de September en het tong-in-die kies ges√™ sy ideale datum sal 19 September wees, want dit gebeur selde dat mens op ‘n Saterdag verjaar en dit sal vir hom baie spesiaal wees om op sy 34ste verjaarsdag te trou. Hy het ook natuurlik met ‘n plan gewerk om nooit ons huweliksherdenking te vergeet nie – my man is baie strategies. Ek het die venue geskakel en van die enigste 2 datums wat hulle vir die jaar oop gehad het was 19 September oop. Ons het dit natuurlik onmiddelik na daai datum geskuif.
Met nog baie onsekerheid of ons sal mag trou die 19de September het ons besluit om met ons positiewe gesindheid voort te gaan en al ons re√ęlings na 19 September te skuif. Behalwe dat ons op die ou einde ons getal gaste moes verminder as gevolg van die re√ęls en regulasies deur die regering, was ons troue die lekkerste en beste dag van ons lewens. En elke dag sedert ons troue net nog beter. Ek dink juis omdat ons langer moes wag en uitstel en agv al die onsekerheid rondom ons troudatum, het ons soveel meer waardering dat ons kon trou en ons lewens saam begin. Ons is selfs nog meer dankbaar dat ons, te midde van al die chaos wat in die w√™reld aangaan, ‘n kostante liefde het en dat ons ‘n spanmaat het wat saam met ons deur elke uitdaging kan kom wat die lewe na ons kant toe gooi. Ons is so bitter opgewonde vir die res van ons lewens saam.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2021 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2020 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Floral By Deo Dan√©
  • Bruidegom-pak: Your Pal Brooklyn
  • Dekor: Elegant Draping
  • Fotograaf: Ndw Photography
  • Gaste Geskenke: Riana Mostert Art
  • Grimering: Nadia Els
  • Hare: Laetitia Lombard
  • Huweliksbevestiger: Ds Marius
  • Juweliersware: Lovisa
  • Trouring: Ella Rabe
  • Troukoek: La Koeka Racha
  • Ko√∂rdineerder: Heleen Le Roux
  • Musiek: Heleen Koch
  • Platejoggie: DJ Fanie
  • Skoene: Opari
  • Skryfbehoeftes: Nadia Els
  • Trourok: Anel Botha
  • Venue: Lezar Opstal
  • Paartjie se verblyf: Lezar Opstal
  • Vermaak: Heleen Koch
  • Videograaf: Mighty Fine Weddings
  • Huwelik kontrak: Lillian Janse van Rensburg
  • Wittebrood plek: Shepherd’s Tree Game Lodge, Van Zyls Rus Hotel, !Xaus Lodge, Augrabies Falls, Naries Namakwa Retreat, Kagga Kamma Private Game Reserve, Old Mac Daddy, Langebaan, Teniqua Treetops