Rikus & Danica van Eeden

STORIE:


Ek was in graad 8 en hy was my hoofseun. Ek het gedink hy is die aantrekliste man ooit, maar ongelukkig was ons tyd nog nie vir mekaar bedoel nie. Ses jaar later her-ontmoet ons mekaar en so het ons liefdesverhaal begin.

Ons het verloof geraak in November 2019, op die mooiste strand in Suid-Afrika, EersteRivier. Hierdie plekkie is baie kosbaar vir ons albei. My ouers het hulle wittebrood daar gehou; Rikus se broer het daar getrou en verloof geraak en die groot “L” woord was ook hier vir die eerste keer verklaar. My antwoord was natuurlik “ja”, maar op een voorwaarde…. Ons trou in November 2020. Ek is mal oor die peonie blom, maar aangesien dit net blom in die eerste twee weke in November, moes ons nog ‘n jaar wag. Met die blom in sy verskynsel het my sprokies-woud-droom troue gerealiseer. Ons was so gelukkig om met al ons gaste die groot daggie te kon deel, en niks (nie eers COVID-19) kon hierdie dag vir ons versuur nie. Ons dag was PERFEK en absoluut niks het verkeerd geloop nie.

Die liefde kan soms snaakse draaie maak, maar ons gebede was verhoor. Die Here het ons na mekaar toe gelei en nou is ons harte een. Die Here se teenwoordigheid was op 14 November 2020 by ons in die woud en ons sal Hom ewig dankbaar wees.

#vanEeden&altyd

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2021 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2020 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Tannie Maynie, The Woods Venue
  • Bruidegom-pak: Peri’s Suits
  • Dekor: Fabulous Functions & The Woods Venue
  • Fotograaf: Piet my Vrou Photography
  • Grimering: Marie Meurs Make-up Artist
  • Hare: MK Hair Studio
  • Huurdienste: Running Waters
  • Huweliksbevestiger: Dawie Brits
  • Juweliersware: Ernest Wilson Jewellers and Engravers
  • Trouring: Ernest Wilson Jewellers and Engravers & Browns
  • Troukoek: Pro-Image Cakes en Gingerpops (macaroons)
  • Koördineerder: Anza (The Woods Venue)
  • Musiek: Synergy Audio
  • Platejoggie: Synergy Audio
  • Skoene: Poetry
  • Skryfbehoeftes: Tell-your-Tale; Danica (die bruid) & Maryka Momberg
  • Strooimeisie-rokke: Rompe deur Anita Seal & bloese deur Forever New
  • Tente: Marquee Tent Events
  • Trourok: Anita Seal
  • Venue: The Woods Venue
  • Paartjie se verblyf: 9 on Uys Street
  • Vermaak: Ben du Toit (sanger) en The Taste Room (wynproe) en ChingChino Coffee
  • Videograaf: Piet my Vrou Photography
  • Huwelik kontrak: Marco Booyens
  • Wittebrood plek: Keutbooms & St Francis Baai