Stephen & Sheree Denyssen

STORIE:


Ons is aan mekaar voorgestel deur ‘n gemeenskaplike vriendin in September 2016. Daarna het ons begin gesels en mekaar beter leer ken. Stephen en sy familie boer in die Hogsback/Cathcart distrik en ek is oorspronklik van Port Elizabeth, sowat drie ure daarvandaan.

Stephen het ongeveer ‘n maand later vir besigheid deurgekom Port Elizabeth toe, waar ons toe vir die eerste keer offisieel by my ouerhuis ontmoet het. Vir ons eerste afspraak was ons by ‘n vis restaurant by die strand in PE. Daarna het ons bietjie langs die see gaan stap. Die volgende dag het hy my laat weet dat hy my nie kan sien nie, omdat dat hy voedselvergiftiging iewers opgetel het. Ek het aangebied om vir hom medisyne te bring, maar hy het geweier. Ek gedink dit is sommer net ‘n storie en dat hy my eintlik nie weer wou sien nie!
Wie kry nou regtig voedselvergiftiging op ‘n eerste afspraak?

Dit was toe alles n ware verhaal! Sy slegte geluk het ons gelukkig nie vir lank uit mekaar gehou nie. Ons het mekaar weer die volgende dag gesien voor hy huiswaarts gekeer het.

‘n Maand later het ek op die plaas gaan kuier en die res is geskiedenis!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2021 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2020 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Karoo Weddings Flowers and Decor – Kobie Joubert
  • Bruidegom-pak: Bestman Suit Hire – Oos Londen
  • Dekor: Karoo Weddings Flowers and Decor – Kobie Joubert
  • Fotograaf: Stephanie Norman Photography
  • Gaste Geskenke: Funky Ouma
  • Grimering: Micaela Kuhn – Jem Beauty
  • Hare: Bruid
  • Huweliksbevestiger: Paul Raper
  • Juweliersware: Ouma se juwele
  • Trouring: Ferro’s Jewelry
  • Troukoek: Riki Ferreira
  • Musiek: Marc Anthony
  • Platejoggie: Werner Kapp
  • Skoene: Queue
  • Skryfbehoeftes: Bruid
  • Strooimeisie-rokke: Very Voga
  • Trourok: LVDW Bespoke – Leandie Bonny
  • Venue: Blomfontein Venue, Cradock
  • Paartjie se verblyf: Karoo Weddings Flowers and Decor – Kobie Joubert
  • Videograaf: Dirk Imaging – Dirk Moggee
  • Huwelik kontrak: Tony Chubb
  • Wittebrood plek: Zanzibar