Thinus & Anja Grobbelaar

STORIE:


Mens hoor altyd van die gesegde dat mens liefde sal vind sodra mens ophou soek daarvoor. Dit was verseker ons geval een middag in September 2016. Ons het gemeenskaplike vriende in Noord-Wes gehad en van dag een af kon ons vir ure lank oor die foon gesels; min wetend dat ons ‘n lang afstand verhouding sou moes trotseer tussen Potchefstroom & die mooie Kaap. Thinus se werk het vereis dat ek meeste van die vlugte af Kaap toe moes neem, 4-6weke vir ‘n naweek op ‘n slag. Die 13de Januarie 2018 is ons gekuis. Ek het die groot besluit gemaak om in Mei 2019 Kaap toe te trek en ons is in Julie 2019 verloof net buite Mosselbaai op ‘n wildsplaas. Thinus het my met ‘n ander agenda op ‘n naweek weg Knysna toe genaam waar ons iemand se baggasie moes neem Kaapstad lughawe toe daardie Maandag. Dit was so warm daardie dag en ek onthou nog hoe dik baadjie Thinus aan gehad het wat hy net geweier het om uit te trek; ek moes toe al besef het iets is aan die gang. Ons is uit na die wildsplaas en daar tot my verassing staan daar ‘n helikopter wat ons vir ‘n rit oor die plaas vat, af in ‘n kloof met ‘n stroompie waar daar die mooiste piekniek tafel vir ons uitgesit was. Ons was skaars by die tafel toe hy gaan sak op een knieg. Natuurlik het ek JA gese!
Ons is op 15 Februarie 2020 by die pragtige Joubertsdal Country Estate buite Swellendam getroud; ons is net so dankbaar ons kon trou en op ons wittebrood gaan voor die inperking wêreld wyd begin het.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2021 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2020 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: AlsMoi
  • Bruidegom-pak: Euro Suit
  • Dekor: Bruid Self
  • Fotograaf: Arline Photography & Video Productions
  • Gaste Geskenke: Studio on 2
  • Grimering: Blusch Make-up by Mariette
  • Hare: Avenue Beauty
  • Huurdienste: La Flor & All Things Wedding
  • Huweliksbevestiger: Ds. Johan Dorfling. NG Kerk Robertson Oos
  • Juweliersware: Arthur Kaplan
  • Trouring: Goldandi
  • Troukoek: Louretta’s Cake Boutique Robertson
  • Musiek: Just For You DJ
  • Platejoggie: Just For You DJ
  • Skryfbehoeftes: Harteliefie & Rob Signs Robertson
  • Strooimeisie-rokke: Hoiden Cape Town
  • Trourok: Ilse Roux Bridal
  • Venue: Joubertsdal Country Estate
  • Paartjie se verblyf: Joubertsdal Country Estate
  • Vermaak: Gerry Liberty
  • Videograaf: Arline Photography & Video Productions
  • Huwelik kontrak: Du Bois Prokereurs Robertson
  • Wittebrood plek: Solana Beach, Mauritius