Tiaan & Althea Nel

STORIE:


“Ek het jou gesien, en my hart het gesê , daar is jy, ek was opsoek na jou”

Toe ek en Tiaan mekaar laat in 2017 ontmoet, het ons geweet Liewe Jesus het so mooi na ons altwee se gebede geluister en ons vir mekaar gestuur. Van daar af het ons geweet ons is mekaar se “persoon”. Ons het sommer baie vinnig in mekaar se harte ingekruip. Daai wat hulle se, as mens weet, dan weet mens, is absoluut die waarheid.

Die 4de Maart 2018 het Tiaan my gevra om sy meisie te wees, toe ons op ń stappie saam die honde op die plaas was met sononder.

Bietjie meer as n jaar later het hy my verras met n vakansie Victoria Watervalle toe. Na n lang gesukkel op die grens het ons uiteindelik by The David Livingstone Safari Lodge .Die eerste aand het hy vir ons gereël om Elephant Café toe te gaan….waar die grootse Olifant vir my die ring moes aangee, al wou hy eers nie saamwerk nie, is die ring uiteindelik aan my vinger.

Na ure se Pinterest en ideas uitruil is ons droom troue bymekaar gesit. Ons het die mooiste venue gekry met die wonderlikste eienaar wat al ons drome wou waar maak.

Op die 18de Januarie 2020 het ons wakker geword op n reënerige oggend, maar hul se mos, as dit reën op jou troudag is jy geseën. Al wat op hierdie dag saak gemaak het , was ons trou met mekaar. Alles was perfek soos ons dit wou he, elke blom, kers … alles. Oppad kerk toe , met die kar se Hoeter wat aankondig eks oppad het die senuwees behoorlik ingeskop. Met die inhak by my pa het ons die kerk ingestap … Tiaan met trane wat afloop by sy wang en sy strooijonker se hand op sy skouer, was hierdie ons oomblik.  Dit was die maklikste “ja” wat ons ooit moes se. Ons se gereeld ons trou sommer weer, so lekker was ons hele dag.

Die Sondag het ons op ń vliegtuig geklim oppad Bali toe, vir een wonderlike Honeymoon wat ons nooit sal vergeet nie.

Ons bly nou op ń plaas buite Stella saam ons drie honde-kinders.  Ons harte is elke dag nog so dankbaar dat ons mekaar het.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ20006


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes
R 2 000 = 2 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na kontak@trouevandiejaar.co.za
For assistance, please send an e-mail to kontak@trouevandiejaar.co.za
Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply


Diensverskaffers:

  • Blomme: Kamelia Bloemiste
  • Bruidegom-pak: Eurosuit
  • Dekor: Kamelia Bloemiste en C’est La Belle
  • Fotograaf: Eye Poetry Photography
  • Grimering: Blush Studio – Natanya Smith
  • Hare: Christoné van Zyl
  • Huurdienste: Videotique
  • Huweliksbevestiger: Geo Smit
  • Juweliersware: Doreen van der Linde
  • Trouring: Elri diamonds and jewels
  • Troukoek: Elize Smit
  • Koördineerder: Kamelia Bloemiste
  • Platejoggie: Music Factory
  • Skoene: Bridal wardrobe
  • Skryfbehoeftes: Vz Signs and MUstudio
  • Strooimeisie-rokke: Althea Nel
  • Trourok: Althea Nel
  • Venue: C’est La Belle Wedding Venue
  • Paartjie se verblyf: C’est La Belle Wedding Venue
  • Vermaak: magnolia grace photo booth
  • Vervoer: Johan van der Walt
  • Videograaf: First Kiss
  • Wittebrood plek: Bali