Tiaan & Lee-Anne van Zyl

STORIE:


Die ontmoeting…
‘n Vlugtige ontmoeting in 2012, by die bruidegom se broer se 18de verjaarsdag partytjie en toe eers weer ‘n paar jaar later in 2017, in een van die plaaslike kuier plekke.
Wat hulle gedink het ‘n skaamtelose, kort romanse sou wees, het vinnig verander in iets ernstiger, waar hulle mekaar se geselskap te veel geniet het om te gaan vir daardie “een drankie” sonder die ander een.
Die verlowing…
Om ‘n verlowing te beplan, was moeilik vir die paartjie, met die bruid wat altyd een te veel vrae vra en die bruidegom wat glad nie ‘n geheim kan hou nie.
Die bruidegom en die paartjie se geliefdes het dit toe reggekry om die bruid te laat dink dat hulle weggaan vir die naweek, net omdat die bruidegom “oorwerk” was en “rus” nodig gehad het.
Die paartjie het verloof geraak by die pragtige Devon Valley hotel in Stellenbosch, op 27 Julie 2019.
Nadat hulle by die hotelkamer ingeloop het en die bruid al die rose en sjampanje gesien het, het sy dadelik begin foto’s neem.
Aangesien sy gedink het dat as ‘n verlowing wel sou plaasvind, hy nie onmiddelik die vraag sou vra nie!
Met die bruidegom se verklaring, “Ons is obviously hier vir ‘n rede…” het die bruid omgedraai met ‘n, “Huh?” en hom op sy knie gesien.
In al die opwindenheid en met dié dat die bruidegom vergeet het op watter vinger om die ring te sit, moes die bruid herinner word dat ‘n, “Ja” nogsteeds benodig is.Die troue…
Die paartjie was in geen haas om troue te begin reël nie, maar op vakansie in Robertson, Desember 2019, was hulle op groot aanbeveling gestuur na Bon Cap.
Toe hulle die asemrowende trou venue sien en hoor oor Bon Cap se “wedding one-stop” dienste, het die paartjie vinnig ‘n datum vasgestel, 22 Augustus 2020.Die paartjie se trouvisie was modern, minimalisties met natuurlike elemente ingebring asook skakerings van donker grys.2020, soos almal weet, was ‘n geweldige moeilike jaar en trou beplanning was nie ‘n uitsondering nie.
Die paartjie moes toe ongelukkig die keuse maak om hulle troue uit te stel na ‘n latere datum.
Daar was geen duidelikheid oor wat die res van die jaar sou bring nie, maar met uithouvermoë en verskriklik baie hoop, het die paartjie vasbeslote gebly op 28 November 2020.Bon Cap het hulle droom troue ‘n realiteit gemaak en dit sal vir ewig ‘n troue bly wat die paartjie en hulle gaste nie kan vergeet nie.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ20070


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes
R 2 000 = 2 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na kontak@trouevandiejaar.co.za
For assistance, please send an e-mail to kontak@trouevandiejaar.co.za
Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply


Diensverskaffers:

  • Blomme: Michelle du Preez @ Bon Cap
  • Bruidegom-pak: Euro Suit
  • Dekor: Michelle du Preez @ Bon Cap
  • Fotograaf: Benedene Basson @ Kilig Photo
  • Grimering: Veronique Stofberg @ Elizabeth Rae
  • Hare: Veronique Stofberg @ Elizabeth Rae
  • Huurdienste: Beer on Tap – Saggy Stone
  • Huweliksbevestiger: Heila Downey
  • Troukoek: Michelle du Preez @ Bon Cap
  • Koördineerder: Michelle du Preez @ Bon Cap
  • Platejoggie: Prime Audio
  • Skoene: YDE
  • Skryfbehoeftes: Rustic Worx
  • Strooimeisie-rokke: Infinity Wrap Dresses – Custom Made SA
  • Trourok: Elizabeth Stockenström
  • Venue: Bon Cap
  • Paartjie se verblyf: Bon Cap