Winston & Tinei Langridge

STORIE:


Die gekners van sekelbos vure groet die dag terwyl die son wegsink agter die bosveld horison. So skop Winston en Tinei se naweek troue by Bordeaux Game Farm op die Botswana grens af, met ’n braai, omring deur hulle naaste familie en vriende. Daar is gesels, gelag, en gedans. Die gees en atmosfeer vir die besonderse troue is vasgestel. Tinei en haar stroomeisies het Saterdag oggend vroeg begin mooimaak in die bruidspaar se suite en die rustigheid van die bos is slegs onderbreek deur die lawwigheid tussen die klomp meisies. Die manne is bederf met ’n heerlike ontbyt terwyl daar kleiduif geskiet is. Daar was ’n verskeidenheid haalgewere, en die bloed het sommer vroeg begin pomp. Die dag verloop so in absolute rus en vrede op die plaas en almal voel tuis. Miljoene wit skoenlappertjies verskyn soos in ’n droom na ’n ligte somer reënbui die rooi aarde natmaak en afkoel. Die Afrika hitte is gebreek en die bos onthul sy geure, reuke en geheime so asof beplan vir die paartjie op hulle spesiale dag. En toe breek die groot oomblik aan. Soos Tinei se pa in stap om haar te ontmoet speel die liedjie Butterfly Kisses soos ’n klankbaan in ’n film saggies in die agtergrond. Haar kinderjare blits voor hulle oë verby en die rou emosie loop in trane by hulle wange af. ’n Geheime oomblik wat net ’n pa en sy enigste dogter kan verstaan. Hulle stap tussen rye stoele onder die skadu van ’n groot Maroela boom in, hy gee haar weg. Dan, die geheime oomblik as ’n bruid en haar bruidegom se oë die eerste keer ontmoet. Sy is beeldskoon, en hy is handsome. Dr Verster, Tinei se pa, het die seremonie behartig en dit was besonders. Nie net omdat haar pa die man se rol as priester en koning kon tentoonstel nie, maar ook omdat die woord wat hy gebring het soos die koel reën op die vrugbare grond kon val. Nadat almal God geëer het met hul lofpryse het Mnr en Mev Langridge mekaar se voete gewas en is daar ’n seën oor hulle uitgespreek deur hulle ouers. Die bruidspaar het in ’n 1960 Landrover sonder ’n dak as ‘pasgetroudes’ in ’n stofwolk verdwyn om hulle gaste te ontmoet vir ’n groot makietie en feesviering wat geduur het tot laat in die nanag. Hierdie bosveld troue kan opgesom word in drie woorde; geesvervuld, sprokiesagtig, en liefde vol.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ20056


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes
R 2 000 = 2 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na kontak@trouevandiejaar.co.za
For assistance, please send an e-mail to kontak@trouevandiejaar.co.za
Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply


Diensverskaffers:

  • Blomme: Bloemhoek
  • Bruidegom-pak: Coquis
  • Dekor: Bordeaux Game Farm
  • Fotograaf: MORE Photography
  • Gaste Geskenke: Self
  • Grimering: CC Make Up Artist
  • Hare: Vriendin
  • Huurdienste: Geen
  • Huweliksbevestiger: Jaco Prinsloo (Shofar Christian Church)
  • Juweliersware: Self
  • Trouring: Ester Versteeg
  • Troukoek: Bordeaux Game Farm
  • Koördineerder: Bordeaux Game Farm
  • Musiek: The Vans
  • Platejoggie: Derick de Lange
  • Skoene: Woolworths
  • Skryfbehoeftes: Geen
  • Strooimeisie-rokke: Gelique
  • Tente: Geen
  • Trourok: Rina – Carherine’s Collections
  • Venue: Bordeaux Game Farm
  • Paartjie se verblyf: Bordeaux Game Farm
  • Vermaak: The Vand
  • Vervoer: Self
  • Videograaf: Common Ground
  • Wittebrood plek: Oostenryk – Ellmau