Wiehan & Francis Victor

STORIE:


Ons troue was iets besonders omdat ons uit die stad gewyk het. Al is ons Johannesburgers, het ons verkies om by die Sweetfontein Boutique Farm Lodge tussen Britstown en De Aar in die Noord-Kaap te trou.
Ons inspirasie was die grondpaaie en die prag van die Karoo-vlaktes, die geur van die unieke plantegroei, die geraas van die stilte en die sterre-kombers wat ons snags gekoester het. Met ons vooraf besoek aan die venue om te besluit of ons daar wil trou, wou ons vra of ons die Sondag ná die troue ons eerste boom as ’n egpaar kan plant, selfs al is dit buite die hek. Terwyl ons die seremonie en onthaal met die Sweetfontein-span bespreek het, het hulle uit die bloute gevra of ons ‘n olyfboom op die dag van die troue of net daarna kan plant. Ons het dadelik besef dit is waar die “magic” gaan gebeur.
Terwyl ons op die stoep gestaan het, het ons oor die vlakte en berge uitgekyk en gevra of ons onder die turksvyboom kan trou. Die Sweetfontein-span het op ons troudag ‘n wit platform in die veld onder die pragtige geboomte opgeslaan, ‘n kandelaar aan die boom gehang en wit stoele uitgepak.
Ons het die Sweetfontein-span vrye teuels gegooi om die dekor te doen, ‘n skoon seildoek. Hulle het die kleure, blomme en selfs die uitleg van die tafels in die onthaalsaal gekies. Hulle het vetplante in rye van die plafon af gehang met fynbos-blomme en gras tussenin. Wit kerse is op die tafels uitgepak.
Ons het die gaste versoek om almal wit klere aan te trek. Selfs die Sweetfontein-span het wit klere aangeskaf.
Daar is geen tafelplasings gedoen nie sodat die gaste op natuurlike wyse gesellig met mekaar verkeer. Ons het ook geen vonkelwyn bedien nie. Die heildronke is ingestel met óf Glenfiddich whiskey óf Beyerskoof Synergy.Die hoogtepunt was die oomblik toe ek en ma (my pa is oorlede toe ek tien jaar oud was) saam in die veld met die paadjie afgestap het, al het ons ‘n hele karoobos saamgesleep. Dit was ook die oomblik toe ek vir Wiehan sien en merk dat sy oë van trane blink.
Wiehan het in spanning by die kansel gewag en gewonder hoe ek gaan lyk. Natuurlik was dit vir hom ’n voorreg dat my ma my aan hom oorgee. Asook die wete dat ons ‘n belofte voor die Here en die gaste afgelê het om ons amptelike eenheid ‘n bevange en lekker huwelik te maak.
Eintlik was die hele troue een groot hoogtepunt. Die gaste het die Vrydag gearriveer, daarna was die groot ysbreek-vleisbraai. Die sluise van die hemel het daardie aand oopgemaak en ons het saam die grootste reënval in ‘n jaar in dié droogtegeteisterde deel van die land beleef. Die volgende dag het ons ‘n onvergeetlike Afrika-sonsopkoms onder die skoongewaste hemel beleef. ‘n Oggend en voormiddag waarin almal saamgelag, gekuier en samesyn om die swembad geniet het.
Later het ds. Erik se preek die teenwoordige gaste en selfs die oorsese familie wat die hele seremonie via regstreekse WhatsApp-videos en -foto’s beleef het, se harte geraak. Wiehan se verrassing vir my was dat hy Herman Kleinhans as die gaskunstenaar vir die onthaal genooi het. Die twee het ook spesiaal ‘n liedjie vir my oomblikke voor die troue geskryf wat later op die onthaal gesing is. Ons het so lekker op Herman se musiek gedans dat ons van die DJ vergeet het.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2021 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2020 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Sweetfontein Boutique Farm Lodge (http://www.sweetfontein.co.za/)
  • Bruidegom-pak: The Modernist Tailor Made, @themodernisttailormade, 0827967464
  • Dekor: Sweetfontein Boutique Farm Lodge (http://www.sweetfontein.co.za/)
  • Fotograaf: Randlehoff Media, https://www.randlehoffmedia.com/ , 076 0854674, @RandlehoffMedia
  • Gaste Geskenke: Maveric and Jane Gourmet Popcorn (@MaverickAndJane )
  • Grimering: Shalom Beauty and Hair, Jeniffer Pretorius, 071 062 9912, @jenifferPretorius of www.facebook.com/myshalom.co.za.
  • Hare: Shalom Beauty and Hair, Jeniffer Pretorius, 071 062 9912, @jenifferPretorius of www.facebook.com/myshalom.co.za.
  • Huweliksbevestiger: Erik Boshoff (0797208729)
  • Juweliersware: https://www.facebook.com/jeanneandcoSA
  • Trouring: Mandy Bell, 0828782706,
  • Troukoek: Sweetfontein Boutique Farm Lodge (http://www.sweetfontein.co.za/)
  • Koördineerder: Sweetfontein Boutique Farm Lodge (http://www.sweetfontein.co.za/)
  • Musiek: Herman Kleinhans en DJ Brakkies
  • Platejoggie: DJ Brakkies (083 305 8689)
  • Skoene: Blu Betty ( @BLUBETTYSA )
  • Skryfbehoeftes: Geen
  • Strooimeisie-rokke: Francisco Chico Barreto (0720937189, https://www.facebook.com/fcabarreto )
  • Tente: Sweetfontein Boutique Farm Lodge (http://www.sweetfontein.co.za/)
  • Trourok: Kyna Concili, Tarien, 076 795 8800, @kynaconsili
  • Venue: Sweetfontein Boutique Farm Lodge (http://www.sweetfontein.co.za/)
  • Paartjie se verblyf: Sweetfontein Boutique Farm Lodge (http://www.sweetfontein.co.za/)
  • Vermaak: Herman Kleinhans, https://www.facebook.com/hkleinhans
  • Vervoer: Geen vervoer (het die grondpad gestap)
  • Videograaf: Louis Reynhardt Productions, 071 478 1706, @LouisReynhardtProductions
  • Huwelik kontrak: Erik Boshoff (0797208729)
  • Wittebrood plek: Roadtrip van die Weskus deur Oos-Kaap, George tot Bloemfontein.