Zanli & Jacques Pienaar

STORIE:


Ons het vyf jaar gelede by Kingspark Rugby Stadion in Durban ontmoet. Aan die begin was ek hardkoppig, maar Jacques het nooit moed opgegee nie. Goeie vriende het ons gereeld genooi vir ‘n braai sodat ons mekaar beter kon leer ken en ons het baie begin saam kuier. Ons het besef dat ons mekaar verstaan en dieselfde dinge in die lewe wil hê.

Ons eerste afspraak was by Green Mango. Alhoewel Jacques voedselvergiftiging gehad het wou hy my steeds sien. Dit was die moeite werd, want op die derde Desember 2016 het Jacques my gevra om sy meisie te wees. ‘n Jaar later het ons ‘n huisie saam gekoop en geweet dat ons die res van ons lewe saam wil spandeer. Ses maande later het ons ons eerste honde-kind, Bob, huis toe gebring. Ses maande later het Snippie, die 2de honde-kind, deel van die gesin geword. Dié twee lyfies is altyd te bly om hul pa en ma na werk te sien en hulle is net ‘n vreugde in ons lewe.

Ons het vakansie gaan hou in Jeffreysbaai – ons gunsteling plek. Die oggend van die 28ste Desember is ek te opgewonde om see toe te gaan om skulpies op te tel. Jacques was voor by die rotse en trek ‘n GROOT see-pampoen uit die water. Toe ek by hom kom het hy mooi en saggies begin praat, maar ek was te opgewonde oor die pampoen. Hy het op een knieg gesak en my gevra om sy vrou te word. Ons albei het gebewe en mekaar styf vasgehou – dit was net ‘n onvergeetlike oomblik.

Na baie beplanning en laat nagte is ons oorspronklike troudag op 28 Maart 2020 as gevolg van Covid 19 uitgestel. Dit was vir my ‘n groot teleurstelling, maar my Jacques het my net laat besef dat dit belangriker is om bymekaar te wees en die beste van ‘n slegte saak te maak.

28 November 2020 – Ons sprokiesdag het wel presies 8 maand later plaasgevind by Haycroft Farm in Howick. Ons het Vrydagaand besluit om ‘n braai te hou met familie en vriende. Dit was heerlik om tyd saam met almal te spandeer. Ons was omring deur liefde en omgee.

Saterdag oggend was ek te opgewonde om met die liefde van my lewe te trou. Ek en Jacques is albei skaam so ons het besluit om ons beloftes aan mekaar in ‘n klein hout boekie te skryf en die oggend van die troue vir mekaar te gee om te lees. Ons was albei baie emosioneel.

My twee bruidsmeisies is bederf met ‘n oulike tassie gevul met foto’s en mooi herinneringe van ons tye saam, ‘n paar sandale, lekkerruik olie, twee japonne, ‘n grimering sakkie, armband, oorbelle en ‘n pragtige protea pink Bride & co balrok. Hulle het pragtig gelyk.

Die strooijonkers se geskenk boksie het ‘n nota-boekie, navy das, avokado patroon kouse, “cufflinks” met hul voorletters op gegraveer, kruisbande en ‘n borsspeld in gehad. Hulle het spoggerig gelyk in hul navy langbroeke, bruin leerskoene en -belt.

Ek het by die kerk instap met ‘n drie meter lang sluier en lae rug kant rok. Jacques se donker navy “tuxedo” het pragtig aan hom gelyk. Sy oë was vol trane. Die beste gevoel is toe ons as Mnr. en Mev. Pienaar aangekondig is en ons uiteindelik ons huwelik kon bevestig voor die Here en ons naaste vriende en familie.

Ons het besluit om ‘n plat op die aarde, elegante, rustieke en intieme plaas troue te hê.
Ons tafels is met pragtige proteas en bloekom blare versier. Protea servette, kort en lang kerse en liggies het ‘n romantiese gevoel geskep.

Na koek sny, foto’s en canapés het ons by die venue in gedans gekom. Ons seremonie meester was vol oulike sê-goedjies en elke toespraak was pragtig uit die hart. Die kos was heerlik en die poeding ‘n wenner. Ons 60 gaste was vol pret en het ons dag baie spesiaal gemaak. Almal het lekker geëet, gesels, drankies geniet en gesokkie. Ons het tot laat partytjie gehou en die aand afgesluit buite om die vuur.

Ek is dankbaar dat die Here ons oor mekaar se pad gestuur het. Ons troue was perfek!!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ20113


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes
R 2 000 = 2 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na kontak@trouevandiejaar.co.za
For assistance, please send an e-mail to kontak@trouevandiejaar.co.za
Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply


Diensverskaffers:

  • Blomme: E by A
  • Bruidegom-pak: Eurosuit
  • Dekor: Bruid en bruidegom
  • Fotograaf: Conway Photo and Film
  • Gaste Geskenke: Peel’s Honey in Consol botteltjies opgedoen deur die bruid en bruidegom. Printing: The Printroom, Kloof
  • Grimering: Fancy Fiction
  • Hare: Fancy Fiction
  • Huurdienste: Insta Bus Photobooth, Aisle Hire it
  • Huweliksbevestiger: Dominee Frans
  • Juweliersware: Armband: Swarovski (trougeskenk van my man), Oorbelle: Lovisa, Haarknip: Bride & co
  • Trouring: Zanli: Christy-Anne Jewellery | Jacques: Tungsten
  • Troukoek: Lorraine
  • Koördineerder: Hamblin’s Catering
  • Platejoggie: DJ Extreme
  • Skoene: Zanli: Aldo | Jacques: Polo
  • Skryfbehoeftes: Zanli (bruid)
  • Strooimeisie-rokke: Bride & co
  • Trourok: Bridal Mall Couture
  • Venue: Haycroft Farm, Howick
  • Paartjie se verblyf: Haycroft Farm, Howick
  • Vervoer: Jacques se Ford Wildtrak
  • Videograaf: Conway Photo and Film
  • Huwelik kontrak: J Leslie Smith And Company Inc
  • Wittebrood plek: Bali (uitgestel tot 2022 agv Covid)