Adriaan & Anja Du Preez

STORIE:


Daai driehoek wat baie mense van praat: man in een onderste hoek en vrou in die ander onderste hoek en God bo…Nou presies, so het ons lewe afsonderlik gewerk. Elkeen het sy eie pad met God gestap en dan soos mens groei in God kom jy by jou maatjie uit.

Ek(Anja) is ‘n meisie van die Vaaldriehoek, ‘n introvert en my man is ‘n boerseun van die Vrystaat, ‘n eksrovert en nou bevind ons onsself in Kuruman in die Noord-Kaap. Jinne, hy het verhuis vir sy werk na Kuruman so 3 jaar terug en ek het agter my ouers aangetrek en is al vir so 8 jaar in Kuruman. Toe Adriaan Kuruman toe trek het hy vir Vader gesê hy soek die regte kerk en die regte vrou, na hy al deur soveel vorige verhoudings en verlowings was en ek, nie eers ‘n ou kêrel nie. So, 2019 toe kry hy die regte kerk en daar het ons vriende geraak en dit het daar gebly. Kyk, die man van my is ‘n chamer en baie glad met die mond en so kry hy toe ‘n meisie, maar heel verkeerd vir hom. Na ‘n baie slegte opbreek in 2020 tussen hulle was ons ‘n paar vriende wat vir Adriaan ondersteun het, ek die enigste enkellopende meisie ;). Ek was nooit op die rebound nie, maar vreemd genoeg het ons vriendskap deur die jaar net sterker geword.

Een aand met my stiltetyd met Vader, toe vra ek Hom oor Adriaan. Jinne, ons kom so goed oor die weg en het sulke awesome spanwerk, soos, jy kan dit nie glo nie! Vader antwoord my toe met skrif uit Spreuke 31. So, vir die wat nie weet nie, dit gaan oor vrouwees vir haar man, maar ‘n vrou wat God ken. Baie letterlik is die skrifgedeelte: “Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die oudstes van die land sit. – Spreuke 31: 23 “. Adriaan is redelik baie bekend in en om sy werksomgewing en in die gemeenskap. Ek vra toe vir Vader, maar sal ek vir Adriaan die regte vrou wees, hoekom ek getwyfel het weet ek nie, maar Vader gee skrif uit dieselfde hoofstuk: “Baie dogters het hulle knap gedra, maar jy oortref hulle almal. Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; ‘n vrou wat die Here vrees, sy moet geprys word. – Spreuke 31: 29 – 30 “. Nou ja, so moes ek vasbyt deur die jaar. Met kere het ek gedink dit gaan nooit gebeur en wou moed verloor.

Adriaan het oor Desember huistoe gegaan, Kroonstad en ek het na sy hond en huis gekyk. So, kort voor nuwejaar toe vra Adriaan of ek nie wil kom kuier en saam Moolmanshoek toe gaan, hulle gesin gaan daar perd ry. Baie verbasend het ek vinnig ‘n buskaartjie gekry. Op 29 Desember was ek op die bus en oppad Kroonstad toe en 31 Desember toe was ons oppad Moolmanshoek toe. Met die viering van nuwejaar, toe vra Adriaan my uit. Natuurlik was my antwoord JA!!. Adriaan het gespot en gesê, die jaar van 2021 trou ons. So, 11 Februarie 2021 toe raak ons verloof. Hy het my verloofring met sy eie hande gemaak! Adriaan beslaan perde ook en my verloofring is van ‘n perdespyker gemaak. Dit was so perfek!!

Ons het dadelik begin reël aan ons troue, want nie een van ons wou vir baie lang wag om te trou nie. Nee, ons het nie ‘n oeps gehad en MOES trou nie. Ons beplande datum was eers die 10 April 2021, omrede ons albei op die 10de van ons afsonderlike maande verjaar, maar Vader het die 1ste Mei 2021 in Sy boek vir ons aangeteken.

Kyk, toe ons aankondig ons is verloof en dat ons die 1ste Mei trou, toe gaan mense se harte oop. Vader werk op baie vreemde maniere. Ek en Adriaan glo daarin om tiendes te betaal, maar nie om iets terug te ontvang nie, maar om op Vader te vertrou dat Hy sal voorsien in wat ons ooit nodig sal hê, en die was een van die vele kere wat Vader nie telleurgestel het nie, en dis hoe ons Hom ken. Baie van ons goed vir ons troue was teen ‘n baie goeie prys of mense het dit uit liefde vir ons gedoen of geskenk. Ons is baie dankbaar tot vandag toe, want wat kos troues nie al nie?

Ons troue was redelik intiem en met ‘n gastelys van 50 mense. Dit was selfdoen en wat ‘n wonderlike voorreg gewees om so by ons troue betrokke te kon wees. Ons kleureskema was groen en wit. Ons albei hou van die eenvoud in dinge, maar netjies. Vir die seremonie, was dit onder ‘n tent en gaste het op bale gesit. Vir ‘n voorgereg het die gaste butternutsop en ‘n broodjie geniet terwyl hulle dan gewag het vir ons om van die fotos af terug te kom. Adriaan het ook seker gemaak hy gaan van sy stem gebruik maak en vir my sing, Elandre – 100 duisend maal. Jinne, my man kan!! Ons het groot pret gehad met spelletjies asook lekker dans. Ons troue was baie gemaklik vir ieder en elk.

Ons gaste het teen spesiale tariewe gebly en ons kos was ook teen ‘n spesiale tarief. Ons troukoek, dankie-sê geskenkie, fotograaf, klankman, my trouring, my trourok, grimering en hare asook ons wittebrood was als wat mense geskenk het en uit liefde gedoen het. Ons is verseker geseënd met ‘n liefdevolle gemeenskap en albei families wat wonderlik is.

Hierdie hele verhaal is absoluut uit geloof: Hebreërs 11:1 “Die geloof is ‘n vaste vertrou op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” So, al kon ek met kere nie sien dat ons verhouding ooit meer sou wees as net blote vriendskap nie, moes ek geloof hê in die antwoord wat Vader my gegee het, en al kon ons nie sien hoe die troue en al die dinge betaal sou nie, moes ons geloof hê dat Vader sal voorsien. Ons kan Vader net dankbaar wees vir Sy guns en genade!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Ivy uit my ouers se tuin en Ghyps van Imanuel Bloemiste
  • Bruidegom-pak: Markhams
  • Dekor: Self(Familie en vriende)
  • Fotograaf: DC Photography
  • Gaste Geskenke: Geskenk deur Belinda Niemand
  • Grimering: Geskenk deur Jane van Zyl
  • Hare: Geskenk deur Jeanine Goosen
  • Huweliksbevestiger: Pastoor Graeme Kumm
  • Juweliersware: Pep en ‘n geskenk van ‘n vreemdeling
  • Trouring: B. Smith & CO
  • Troukoek: Geskenk deur Ronel Botha
  • Koördineerder: Self (Familie en vriende)
  • Musiek: Pierre Strydom
  • Skoene: Mr Price
  • Trourok: Geskenk deur Tania Devenish
  • Venue: Shomatobe Lodge Kuruman
  • Paartjie se verblyf: Shomatobe Lodge Kuruman
  • Huwelik kontrak: Weyer & Weyer Prokureurs
  • Wittebrood plek: Qunu Falls – KZN