Alwin & Maria Leibrandt

STORIE:


Ons sprokiesverhaal het bietjie meer as 10 jaar terug begin, baie ongewone paartjie met nie vreeslik baie in gemeen nie, maar “opposites attract”.

Hierdie tema kon mens regdeur ons troudag sien, die plaas atmosfeer met ‘n minimalistiese tema. Dit wat ons wel in gemeen het is ons liefde vir natuur en om seker te maak ons geliefdes geniet hulself wanneer hulle tyd saam met ons spandeer. Die 3 dinge waarop ons baie gefokus het vir ons troue was: Musiek, Kos en Drankies

Ons gaste was verras met ‘n Gin Bar en peuselhappies in die woud na die Seremonie, almal kon lekker gesels en die beeldskoonheid van die plaas inneem. Die saal was ook opgemaak met die plaas atmosfeer en minimalistiese tema ingedagte, die kleur skema was baseer op die Proteas wat op elke tafel die fokuspunt was. Ons het ook albei die pa’s betrek deur vir elkeen te vra om ietsie te maak. Alwin se pa het die hout hart gemaak wat ons gebruik het as ‘n “gasteboek” en Maria se pa het die koek staander gemaak. DJ U-One het seker gemaak die makietie hou heelaand deur die wonderlikste musiek te speel. Die kos was egte boerekos en teveel vir sekere mense en die drankies het heelaand gevloei.

Alles het perfek bymekaar gekom, ons en ons gaste het absoluut elke oomblik van die dag geniet en ons wens ons kon dit weer doen! Dit was die beste manier om ons lewe saam te begin.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Husband and Wife
  • Bruidegom-pak: Euro Suite
  • Dekor: Husband and Wife
  • Fotograaf: Relife Photography
  • Gaste Geskenke: Meshuggah
  • Grimering: Studio Michelle
  • Hare: Studio Michelle
  • Huweliksbevestiger: Pastoor Chris Le Roux
  • Trouring: Trezo Art of Jewellery
  • Troukoek: Caro van Divine Cupcake
  • Musiek: DJ U-One van Southern Sound
  • Platejoggie: DJ U-One van Southern Sound
  • Skoene: Solle
  • Strooimeisie-rokke: Infinity Dress South Africa
  • Trourok: Online – Zando
  • Venue: Murasie
  • Paartjie se verblyf: Murasie
  • Huwelik kontrak: Curran Attorneys