Alwyn & Christina Theron

STORIE:


Liefde van kleins af

Ek en Alwyn het in n cul de sac saam groot geword. Saam gespeel en saam gelag. Min jet ons het heweet die Here het toe al n plan.

In 2012 verhuis ek en my familie Postmasburg toe en hy en sy damiloe Lime Acres toe…70km van mekaar. Maat ons sien nie mekaar nie en ons weet nie van mekaar nie.

In 2018 aanvaar hy werk in Postmasburg en stuur vir my n messenger dat ons moet gaan koffie drink…heel skepties het ek aanvaar em my seuntjie Stefan saam gevat en van daar af is ons lewens pad saam. 2 jaar later is ons verloof en toe gebeur Covid en ons troue is in gedrang, maar in dieselfde jaar ontvang ons die mooiste geskenk van God, n dogtertjie Sioné.

Ons troue was n DIY troue en hier en daar het ek mense ingebring om items te maak.

ONS WORD EEN was ons hoof idee. En daarom was ons skriflesing Johannes15:13

My rok was tweedehands maar met alterations was dit splinternuut vir my.

My man het baie deftig gelyk.en my seun en dogtertjie ook

Ons was nog nie op wittebrood nie want ons moes weer gaan werk het. En hoop om n wittebrood te hê.

Ons dag was baie spesiaal en ek sal niks wou verander nie.

My man is my alles en ons kinders is ons bonus. Ons is so geseend en ons gee alle eer aan ons Vader want sonder sy leiding sou ons nie gewees het waar ons vandag is nie.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Blomakiti
  • Bruidegom-pak: Splendour, Kathu
  • Dekor: Artistica en Zet’o design
  • Fotograaf: Yolandi en Chrisna Yophotoa
  • Gaste Geskenke: Die Vlei kwekery Postmasburg
  • Grimering: Anja van Zyl
  • Hare: Celeste van Salon Styles
  • Huweliksbevestiger: Pastoor Daan Burger
  • Juweliersware: Lovisa
  • Trouring: Sterns
  • Troukoek: Chef Fritz van Horseshoeinn
  • Platejoggie: DJ Sakkie
  • Skoene: Dunns
  • Venue: Horseshoe inn
  • Paartjie se verblyf: Horseshoe