André & Kara Eksteen

STORIE:


Nie die skoolkeis nie, maar die matriekafskeid date.

Toe ek en André 13 jaar gelede langs mekaar in die wiskundeklas gesit het, sou ons nooit kon droom dat alles eendag sou saamvloei in die allermooiste stadstroue nie!

Drie jaar na matriek het ons paaie weer gekruis en ‘n pad van opwinding en ontdekking het begin. Saterdagoggende in Johannesburg, roomyswinkeltjies op besige straathoeke in die voorstede, stil-wit kunsgallerye, lewendige Meksikaanse, of soms dof-verligte, kerslig restaurante op date-nights, met stadsgeluide oral om ons.

Toe ons ‘n jaar gelede teen skemeraand by die ligtoring in Kaap St Francis verloof raak het, het ons belowe – ons wil altyd onsself bly, en voortgaan om saam vir ons ‘n lewe van vreugde te bou. Ons het ook onderneem om ‘n troue te reël, eie aan ons aard en in dieselfe hoekies en straatjies waar ons hande vasgehou en soveel keer vir mekaar gelag het.

Ons besluit toe om tussen die stil, hoë kolomme van die CIRCA kunsmuseum te trou, troufoto’s in ‘n besige straat op die swart trappe van ‘n groot gebou te neem, om elkeen by ons ouerhuis klaar te maak, juis daar waar ons met soveel liefde en sorg gekoester is, en ons onthaal te hou in presies dieselfde restaurant waar ons een aand vir mekaar gesê het: Kom ons trou sommer net hier!

Om ons troue te reël was nie sonder uitdagings nie. Kunsgalerye is vir uitstallings bedoel en nie vir troues nie. Restauranteienaars wil nie graag hulle besighede op ‘n Saterdagaand toemaak vir huweliksonthale nie. Die meisie wat ons blomme so pragtig mooi gemaak het, moes nogal planne beraam om in ‘n stampvol restaurant tussen die ontbytgaste vir my “massiewe blom kolomme” tot teen die dak te bou. Dit het nogal oortuiging gekos om `n anderste spyskaart saam te stel, sonder ons gewilde pampoenkoekies en roomys met sjokoladesous.

Nogtans was die uitkoms presies soos ons dit graag wou hê: oorspronklik, kunstig, vrolik, gesellig, warm en intiem.

En toe breek ons groot dag aan en alles is ‘n ontploffing van vreugde, kleure en geure. Ek voel pragtig in my rok en rondom my oorweldig ‘n handievol naastes my met liefde, warmte, vars vrugte en koel sappies. My sussie en haar allerliefste dogtertjie gee my soentjies en drukkies en my ma kyk vir oulaas of my sleep mooi hang.
Ek stap by my eie kamerdeur uit in ons tuin en neem foto’s teen ons muur met die groen rankertjie. My strooimeisies bid vir my voor ons by die trou-seremonie instap en my pa hou my hand styf vas teen die paadjie af. André wag vir my en ons albei word oorweldig deur emosie en dankbaarheid.

By die onthaal in ons gunsteling restaurant met straatverkeer buite, kuier en gesels ons gaste om klein tafeltjies en smul aan geurige en kleurryke Spaans-Meksikaanse kos. Elke tafel is oorlaai met ‘n kaleidoskoop van kleure en geure, en oral oor reik helderkleurige blomtorings tot teen die dak.

Laataand, met ons klein sportmotortjie deur die strate op pad huis toe, sê ons vir mekaar: Mag vandag se ‘magic’ vir altyd met ons wees. God is groot.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


R 1 = 1 stem/vote

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference


VERWYSING / REFERENCE:
TVJ21109


Vir EFT stemme moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.
For EFT votes you should spend a minimum of R 50.


BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak: Oudtshoorn
Takkode: 210-414

Belangrik: Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Oudtshoorn
Branch Code:  210-414

Important:  Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.


Vir Debiet/Krediet kaart betalings moet jy onderste kode as jou verwysing gebruik.
 
For EFT payments use the below code as your reference


VERWYSING / REFERENCE:
TVJ21109



Belangrik: Gebruik die korrekte verwysing nommer soos hierbo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie.

Important:  Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes. No refunds will be done.


Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply

Vir hulp klik hier om ons te kontak.
For assistance, click here to contact us.


Diensverskaffers:

  • Blomme: Floom Floral design
  • Bruidegom-pak: Khalique’s
  • Dekor: Floom Floral design
  • Fotograaf: Dyallan Knox
  • Grimering: Hester Magson
  • Hare: Hester Magson
  • Huweliksbevestiger: Christiaan Oberholzer
  • Juweliersware: Poggenpoel, Freedom of Movement
  • Trouring: Poggenpoel
  • Troukoek: Softpeaks
  • Skoene: Studio W
  • Skryfbehoeftes: André Eksteen by Herbert Evans
  • Strooimeisie-rokke: Anrea
  • Trourok: Vonve Bridal Couture
  • Venue: Circa Everard Read Gallery Rosebank, Onthaal La Boqueria Parktown North
  • Videograaf: Dyallan Knox
  • Huwelik kontrak: Kara Eksteen
  • Wittebrood plek: Hermanus