André & Melissa Coetzee

STORIE:


Ons glo die beste verhoudinge ontstaan uit vriendskap.

In 2015 het ek en Andre deur gemeenskaplike pelle ontmoet, min wetend dat ons eendag saam sou opeindig. Die eerste keer wat Andre my ontmoet het, het hy wel vir sy vriend gese (later hoofstrooijonker) dat ek sy droom vrou is en dat ek hom vreeslik interesseer. So het ons vriendskap begin, maar ons tyd was destyds nog nie reg nie. In 2016 het ek besluit om my vlerke te sprei en die wereld te gaan erken. Ek trek toe VSA toe om daar te gaan werk. Ek en Andre het steeds kontak gehou op verjaarsdae, Kersfees en belangrike gebeurtenisse. Na twee jaar het ek terug gekeer Suid-Afrika toe en die vliegtuig het skaars geland toe ontvang ek ‘n oproep van Andre wat my uit vra vir ete. Ons het mekaar toe ontmoet by Culture Club in Pretoria en het heerlik opgevang en gekuier. En soos die Engels man sal se “The rest is history”. Ons tyd was net PERFEK. Ons albei het geweet dat ons ons sielsgenoot gevind het en dat ons eendag bymekaar sal opeindig.

Ons het toe vir ongeveer twee jaar vas uitgegaan voor Andre my gevra het om met hom te trou in die wildtuin die 20ste Desember 2020. Met die pandemie was dit maar ‘n uitdaging om troue te beplan, maar ons kyk nie een oomblik terug nie. Ons wou graag trou en ons lewe saam begin, en het daarom slegs naaste familie en vriende genooi om ons dag saam ons te vier . Op ‘n yskoue Vrydag die 13de Augustus het ons getrou en dit was DIE beste dag van ons lewe.

Dr John Gottman het gese ” The simple truth is that happy marriages are based on a deep friendship. By this I mean a mutual respect for and enjoyment of each other’s company”. Ons paaie het aanhou kruis en daarom kan ek met die grootste selfvertroue se dat ek met my heel beste vriend getrou het. En dat dinge wat MOET gebeur sal op die REGTE tyd gebeur.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

    • Blomme: Op Dolly Dekor
    • Bruidegom-pak: Black Tie
    • Dekor: Op Dolly Dekor
    • Fotograaf: Soif de Vivre
    • Grimering: Janine-Purenity & Bianca Hair and Make-up
    • Hare: Janine- Purenity Hair Salon
    • Huweliksbevestiger: Jules Asher- Doxa Deo Brooklyn
    • Juweliersware: Lovisa
    • Trouring: Sonja Smith
    • Musiek: Titus Bank
    • Platejoggie: AMA Promotions
    • Skoene: Aldo
    • Skryfbehoeftes: Two Sisters Design
    • Strooimeisie-rokke: Gelique
    • Trourok: Olivelli
    • Venue: Harmonie Proteas
    • Vermaak: Titus Bank
    • Wittebrood plek: Kapama