Carlo & Louise Rheeder

STORIE:


Eenvoud, met soveel kompleksiteite. Dis wat ons liefdesverhaal skree. Facebook en sosiale media is gif, maar dit was darem goed vir een ding en dit is toe ons ontmoet het. Dit was min woorde wat alles beteken het en dit was nie ‘n week nie, toe kliek ons net. Na ‘n paar weke se gesels, het ons uiteindelik die geleentheid gekry om mekaar te ontmoet. Net daar, op Oupa en Ouma Geyer se bank, met die hele Geyer brady bunch om ons. Koffie in die een hand en verjaarsdagkoek in die ander, het ons albei ons harte verloor. Maar ons albei het ook geweet dat Upington nie om die draai van Tsitsikamma af is nie. So het ons dit probeer maak werk en die eerste keer se kuier in Upington was perfek. En met die woorde: “Ek wil my beste vriendin my meisie en eendag my vrou maak”, het ons reis as ‘n paartjie begin. Na ‘n jaar van langafstand (‘n baie ver langafstand), baie huil, baie ry, baie bid en tog hier en daar grappies en glimlag van oor-tot-oor en hals-oor-kop verlief raak, het ons ‘n nuwe hoofstuk van naby wees aangedurf. Carlo het die groot vraag gevra en van daar af het ons sprokiesverhaal begin. Dit is ‘n entjie se ry vanaf Jeffreysbaai tot in Tsitsikamma, en daar is trane elke Sondagaand as ons moet groet. Tog, is elke bietjie bymekaar wees en elke opwinding van mekaar sien absoluut magical en die moeite werd. En nou begin ons nuwe avontuur met nuwe uitdagings, maar soveel nuwe lekker en opwinding en ons is so reg vir ‘n leeftyd daarvan. Spoegwolf se liedjie “Storm” spreek die woorde, “…toe ek jou ontmoet, was ek klaar gereis.” Al het ons bitter baie gereis om by mekaar te kon wees, is ons nou klaar gereis, want ons het mekaar gevind.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

    • Blomme: Fabulous Functions
    • Bruidegom-pak: Euro Suits
    • Dekor: Fabulous Functions
    • Fotograaf: Rieg & AD Photography
    • Grimering: Marcia Boyens
    • Hare: Bianca van Zyl/ Serenity hair
    • Huweliksbevestiger: Chris Gerber
    • Juweliersware: Ayala Bars
    • Trouring: Grand Diamonds
    • Troukoek: Janelle’s Cakes
    • Koördineerder: Leandra Strydom
    • Musiek: Hanuli’s Sound and Video
    • Skoene: Superbalist/ Te fraai Diena
    • Strooimeisie-rokke: Ok Grl
    • Trourok: Lorette’s Designs
    • Venue: Inniebos wedding venue
    • Vermaak: Bruwer Mostert
    • Videograaf: Rieg & AD Photography
    • Wittebrood plek: Zanzibar