Chantel & Stephan Visser

STORIE:


My en Stephan se liefdesverhaal is ‘n eenvoudige verhaal, maar die eenvoud daarvan maak dit uiters spesiaal!

Ek en my man het ontmoet tydens ons studiejare by die Universiteit van Stellenbosch – maar ons kon mekaar nie verdra nie. Ek was geïrriteerd met sy bombastiese, “alpha male” persoonlikheid en hy was geïrriteerd met my georganiseerde en altyd optimistiese uitkyk oor die lewe. Ons het mekaar gevolglik nie daar gevind nie.

Ongeveer 3 jaar later, in 2016, het ons mekaar weer “ontmoet” deur ‘n gemeenskaplike vriend. Ons was onmiddellik soos vinkel en koljander en het ‘n ongelooflike interessante en spesiale vriendskap ontwikkel. Ongeveer 9 maande later het ons besef dat ons vriendskap gegroei het na ‘n romantiese liefde en op 25 September 2016 het ons ‘n paartjie geword.

Amper presies 3 jaar later, het Stephan besluit dat hy die res van sy lewe saam met my wil deel en op 18 September 2019 is ons verloof. Ek is nie maklike persoon om te verras nie, maar daardie aand het hy my voete onder my uitgeslaan (met die hulp van my beste vriendinne natuurlik!).

Ons mooiste dag was Saterdag, 20 Maart 2021 by Langkloof Roseplaas en dit was alles waarvoor ons kon vra. Ons was vreeslik geseënd dat COVID slegs die hoeveelheid gaste op ons gastelys beïnvloed het. Die weer was perfek, die kos was uit die boeke, die musiek het almal op die dansvloer gehad en ons gaste was fantasties!

Ek en my man is steeds teenoorgesteldes, maar dit maak die lewe en ons huwelik interessant. Hy maak my rustig wanneer my OCD oorneem en ek kikker hom op wanneer sy introversie oorheers. Ons huwelik is gebou op eerlikheid en goeie kommunikasie en ons is gegrond in ons vriendskap en ons glo dat dit ons deur moeiliker jare sal dra.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


R 1 = 1 stem/vote

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference


VERWYSING / REFERENCE:
TVJ21019


Vir EFT stemme moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.
For EFT votes you should spend a minimum of R 50.


BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak: Oudtshoorn
Takkode: 210-414

Belangrik: Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Oudtshoorn
Branch Code:  210-414

Important:  Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.


Vir Debiet/Krediet kaart betalings moet jy onderste kode as jou verwysing gebruik.
 
For EFT payments use the below code as your reference


VERWYSING / REFERENCE:
TVJ21019



Belangrik: Gebruik die korrekte verwysing nommer soos hierbo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie.

Important:  Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes. No refunds will be done.


Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply

Vir hulp klik hier om ons te kontak.
For assistance, click here to contact us.


Diensverskaffers:

  • Blomme: Langkloof Roseplaas
  • Dekor: Langkloof Roseplaas
  • Fotograaf: Chantall Marshall
  • Grimering: Skoonlief Beauty
  • Hare: Frizzy Lizzy
  • Huweliksbevestiger: Johan Botha
  • Trouring: Browns
  • Troukoek: That Girls with the Cupcakes
  • Koördineerder: Langkloof Roseplaas
  • Musiek: DJ Maryke (Maryke Dreyer)
  • Platejoggie: DJ Maryke (Maryke Dreyer)
  • Skryfbehoeftes: Bloom Studio
  • Strooimeisie-rokke: Bride-Zilla
  • Trourok: Bride-Zilla
  • Venue: Langkloof Roseplaas
  • Paartjie se verblyf: Langkloof Roseplaas
  • Wittebrood plek: Weskus, Kaapstad