Chantelle & Tiaan Roelofse

STORIE:


Ons het op n bekende “dating App” ontmoet en nooit gedink of droom dat dit enigsins verder as net ‘n eerste ontmoeting sal gaan nie. Om dit minder “weird” te maak, het ons gelukkig baie gemeentskaplike vriende gehad, maar nooit van mekaar geweet nie. As mense gevra het waar of hoe ons ontmoet het, het ons aanvanklik eers gejok en gesê “By die rugbyklub”, aangesien Tiaan graag klubrugby speel. Ons is al saam deur baie moeilke tye as ‘n paartjie, my ma is 2 maande nadat ons begin uitgaan oorlede en sy was mal oor Tiaan. Wat my met ‘n geruste hart laat JA sê het. Ons is deel van die COVID paartjies wat al in 2020 moes trou, maar ongelukkig moes uitstel. 1 Mei 2021 het ek gesê stel ek nie weer uit nie, trou sal ons trou. Na baie beplannig, idees wat verander, slapelose nagte het die groot dag uiteindelik aangebreek waarna ons albei so lank uitgesien het. Ons was gesëen met ‘n pragtige sonskyn dag in Mei, aangesien die weer enige iets kan inhou daai tyd van die jaar. Die verloop van die dag het in ‘n oogwink verby gegaan, maar dit was ‘n lekker en spesiale dag saam met ons naaste vriende en familie. Ons sal dié dag enige tyd weer net so oor wil hê.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Carin Flower and Decor
  • Bruidegom-pak: Keith’s Suit Hire
  • Dekor: Muse Concepts, Love Affair, MacStyle Hire, Carin Flower and Decor
  • Fotograaf: Elate Photography
  • Gaste Geskenke: Southern Scents (seep) en Tiaan se ma (pittekou)
  • Grimering: Chrizanne Proffesional Make Up Artist and Hairstylist
  • Hare: Chrizanne Proffesion Make Up Artist and Hair Stylist
  • Huweliksbevestiger: Anton Duvenhage
  • Juweliersware: Armbandjie: Swarovski, Oorbelle: Tying the Knot Bridal Boutique
  • Trouring: Tiaan: VA-Tungsten, Chantelle: Donderbus Diamonds
  • Troukoek: Delana’s Cakes
  • Koördineerder: Coia de Villiers
  • Platejoggie: Cape DJ’s
  • Skoene: Tiaan: Old Khaki, Chantelle: Superbalist en Blu Betty
  • Skryfbehoeftes: Star Signs
  • Strooimeisie-rokke: YDE
  • Trourok: Rene H Couture
  • Venue: Beloftebos
  • Paartjie se verblyf: Landmeterskop Farm Cottages
  • Videograaf: Guava Productions
  • Huwelik kontrak: Johan Engelbrecht Prokureurs
  • Wittebrood plek: Garden Route Game Lodge