Chris & Jana van der Merwe

STORIE:


Ons praat nog al die jare daarvan dat ons op die plaas sal trou wanneer die dag kom. Lushof is waar ons harte lê, dis ons huis!
Toe ons verloof raak het ons nie eers ander venue opsies oorweeg nie, en het dadelik begin om die plaastroue van die jaar te reël!
Ons het op die plaas begin werk, tuingemaak, dekor gemaak en al daai lekker dinge. So twee weke voor die troue het familie en vriende plaas toe gekom om te kom help om als reg te kry vir die groot dag. Sjoe, soveel herinneringe wat ons altyd dal onthou! Die dag voor die troue het dit baie gereën en die aand was vol donker wolke. Toe ons die oggend van die troue wakker word sien ons hoe skyn die son regoor die hele plaas. Dit was die troue waarvan ons nog altyd gedroom het. Perfek!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Fotograaf: DKphotography
  • Trouring: Browns
  • Troukoek: Santie Bak & Brou
  • Trourok: Bloemfontein Fashion Academy
  • Venue: Lushof Lodge
  • Paartjie se verblyf: Damsview, Gariep Dam
  • Videograaf: DKphotography
  • Wittebrood plek: Umngazi Hotel & Spa