Cindy & Robert Bode

STORIE:


Ons familie en vriende spot soms dat die Here vir ons verhouding uitkyk, maar ons wéét dat Hy doen!

Ek en Robert het by ‘n braai ontmoet op 12 Desember 2012 in Bloemfontein na ek toevallige gestuur is na die tronk toe om my Zuma-jaar te voltooi by Korrektiewe Dienste. Robert was beïndruk met my braaibroodjie resep en wou sommer gou weer saambraai!

Toe ek ‘n fantastiese geleentheid kry in Johannesburg en vir Robert vertel, was dit vir hom geen probleem nie – hy se toe sommer hy kom saam! Ek het op daardie oomblik geweet dat hierdie man my “ride or die” gaan wees deur die lewe!

Ons verhouding het langafstand van maande oorleef terwyl Robert in Amerika gewerk het en ek alleen in Johannesburg agter gebly het. Hy was geduldig en ondersteunend terwyl ek ‘n deeltyds graad gedoen het. Ons het saam ons liefde vir rondreis ontdek en ook vir kosmaak en eet!

In Februarie 2020 het ons ‘n huis gekoop en ek reël toe vir ons ‘n “Our First Home” fotosessie in ons leë huis. Dit was op Saterdag 21 Maart 2020. Tydens die fotosessie gaan Robert af op een knie en vra my die ja-woord! Het hy ‘n week langer gewag, was ons verlowing dalk minder romanties agv Lockdown…

Ek wou trou onder ‘n boom en Robert wou spitbraai en so begin ons toe soek na ‘n trouvenue. Ons kom af op Monate en kry toe 20 Desember as ‘n datum. Weereens tree die Here in gee vir my ‘n splinternuwe werk en projekte en forseer ons om ons troudatum uit te stel – ek kan slegs dankie sê, want Desember 2020 word ek opgeneem in die hospitaal.

Genadiglik kanselleer ‘n paartjie hulle troudatum van 26 Junie 2021 by ons perfekte venue en ons vat dit dadelik – vreeslik in ons skik dat ons ‘n Winter Troue kan hê! Ek kan julle verveel met tonne vervelige details, maar ek gaan stilhou by waar onse president die 27ste Junie die reëls verander het en alle troues onmiddelik stopgesit het! Weer ‘n wen vir die Bodes!

Ons wou graag ‘n GROEN troue hê (omgewingsvriendlik) en het daarom probeer om nie te mors nie. Ons wou soveel as moontlik klein, plaaslike maatskappye gebruik, vermorsing verminder deur niks te “personalise” nie om te hergebruik. Ons het nie dinge soos tafelplasings, menus of briefies gehad nie – alles was beskikbaar aanlyn met behulp van ‘n QR Code wat ook alle inligting rondom Covid op ‘n webtuiste aangebied het. Blomme is sover moontlik gekies om in seisoen en endemies tot die area te wees. Ons wou slegs herwinbare produkte gebruik (so min plastiek as moontlik! Selfs ons cake topper was van hout). Ek probeer tans steeds om die klein besighede te adverteer wat ons gebruik het en probeer ook om van my trou-items by nuwe bruide uit te kry!

Ons Covid-troue te midde die Derde Golf van die Epidemie was top gehalte van ‘n veiligheidsperspektief (julle sal die maskers en sanitiser sien in die fotos):

– ons het getrou onder ‘n stokoue rotsvyboom, buite, met “social distancing”
– gaste het hul eie sanitiser gekry, geen groepsfotos is geneem nie en alle vervoer was oop (Cruisers)
– beide die seremonie en onthaal was buite en ons het niemand laat saamkloek om ons eerste dan te sien nie
– elkeen het sy/haar eie pen gekry vir die gasteboek en geen geskenke was toegelaat nie
– ek en my man het beide gegaan vir toetse voor ons troue om seker te maak ons maak nie dié siek wat hoë risiko is nie

Ek sou ons nie noodwendig nomineer vir troue van die jaar as gevolg van ons Covid-protocols nie (al is dit belangrik), maar ons huwelik daadwerklik geseën is!

Ons troue was klein, intiem en die eerste geleentheid na ‘n rollercoaster jaar vir ons families om weer byeen te kom. Al kon een van my strooimeisies nie kom nie oor sy Covid gehad het en al het die koek voor die troue in twee gebreek, kon ons steeds lekker spitbraai, persoonlike vows sê onder die mooiste boom in die Bosveld en steeds die liefde in die oë van ons gaste sien, al was hulle glimlagte agter ‘n masker.

“We are not lucky, but blessed”
Cindy en Robert Bode

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

    • Blomme: The Love Knot
    • Dekor: Cake Topper – Mini Me and You
    • Fotograaf: JCClick
    • Grimering: Ubella
    • Hare: Ubella
    • Huweliksbevestiger: Ps Ruan du Plessis
    • Juweliersware: Lovisa
    • Trouring: Poggenpoel en Unbreakable Man
    • Troukoek: La Moraine
    • Koördineerder: Sarah van Monate Game Lodge
    • Musiek: Perfect Tones
    • Skoene: Steve Madden
    • Trourok: Milla Nova – Vonvé Bridal Couture
    • Venue: Monate Game Lodge
    • Paartjie se verblyf: Monate Game Lodge
    • Videograaf: CJ Concepts
    • Huwelik kontrak: Engelsman Magabane Inc Attorneys
    • Wittebrood plek: Maldives