Corne & Nadia Muller

STORIE:


‘n Heerlike plaas makietie troue. ‘n Tradisie van Muller troues het hier plaasgevind. Ons is op ‘n plaas in die Hartjie van die Hoeveld. Ons bure het ‘n lekker groot skuur gehad en met die ander bure is honderde jare se ou hoe akkerbome iets wat ons dadelik na die troue laat uitsien het. Ons het ook dadelik geweet waar ons wou trou en het na geen ander venues gaan kyk nie. Hier waar ons woon, waar ons elke dag geherinner kan word oor waar alles begin het, het ons hartsnare net bly koester. Deur die pandemie sou ons ook amper ons datum moes skuif maar net 2 weke voor die troudag het Pres. Cyril Ramaphosa dit vir ons weer oopgemaak, trane van blydskap het gerol en ons was gereed. Soos enige bruid wat buite trou het ek die weer stiptelik dopgehou, dit sou reen. Maar toe ons wakker word op die dag was dit ‘n ongelooflike mooi sonskyn dag, ‘n dag wat geen van die vorige troues ervaar het nie. Meerderheid van ons goed het ons self gedoen wat ons baie kostes bespaar het.

En vandag is ek met die liefde van my lewe getroud!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Protea Groves
  • Bruidegom-pak: Dominions Durban
  • Dekor: Fresh Ideas
  • Fotograaf: Kyla Lottering Photography
  • Grimering: Deebora Janse van Rensburg
  • Hare: Debora Janse van Rensburg
  • Huweliksbevestiger: Dominee Gerhard Green
  • Trouring: Touchwood
  • Musiek: Grimmies music & photography
  • Skoene: Botterblom
  • Trourok: Timeless Bridal Couture